Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘Dis eienaarskap, eerder as leierskap,’ sê Rassie

Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge (DAR) het onlangs die eerste van ‘n reeks gesprekke met plaaslike en internasionale leiers, getiteld Matie Crest Talks, geloods.

Sowat 1 600 alumni, skenkers en vriende van die Universiteit het op Donderdag, 23 Julie by die eerste Matie Crest Talk aangesluit. Deelnemers was van Nieu-Seeland, die VSA, Kanada, die Verenigde Koninkryk, Ierland, Europa, Asië en natuurlik Suid-Afrika. Rassie Erasmus, die voormalige hoofafrigter van die triomfantelike 2019 Springbok Wêreldbekerspan en huidige direkteur van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), was die spreker. Alison April, self ‘n Matie en tans DAR se Alumni- en Fondswerwingsdirekteur in Europa, het die aanlyn gesprek gefasilliteer.

Volgens Karen Bruns, DAR se Senior Direkteur, is die doelwit van hierdie leierskapgesprekkke om huidige en toekomstige leiers te inspireer, bekragtig, te lei en te fassineer.

Erasmus se gesprek het gefokus op hoe om die pad vanaf krisis tot sukses aan te pak. Hy het sy terugkeer vanaf Ierland in November 2017, om die leisels as Springbokbreier oor te neem, as vertrekpunt gebruik.

“Die manier hoe ons die 2019 Wêreldbeker sou aanpak was om uitsluitlik op die foute wat ons in vorige Wêreldbekers gemaak het, te fokus. Ek was ‘n speler in ’99 by die Wêreldbeker, in 2003 was ek nie daar nie, in 2007 en 2011 was ek deel van die bestuurspan en in 2015 was ek SARU se hoëprestasie-bestuurder. Ek het nog altyd gesê onthou daardie tye toe ons amper gewen en net-net verloor het. Dís waar jy jou planne en opsies vandaan kry.”

Hy het gedeel hoe belangrik dit is om die denke van die hele span in lyn te bring. Sukses gaan nie oor leierskap nie, maar eerder oor eienaarskap: elke speler moes volle eienaarskap neem – op die veld sowel as van die veld af. Hy het verder verduidelik dat die spelers hul as ‘n span wat saamstaan moes beskou. Dit was toe ‘n suksesvolle beginpunt om op voort te bou. Gevolglik, met die fokus op spanwerk en ‘n ware Springbokgees, kon hulle aan die werk spring.

Erasmus het ook talle insae or die rol van bestuur en elke speler gedeel en benadruk dat om sukses te behaal moet die regte mense gekies en aangestel word. Sukses beteken ook om ‘n diverse span te hê.​ “Ons het vier vroue in die bestuurspan gehad wat ‘n baie belangrike rol vir ons spelers gespeel het. Ek kan jou nou vertel, by die Wêreldbeker het ons ‘n 100% gelukkige, getransformeerde en uiteenlopende speel- en bestuurspan gehad.”

Baie van die punte wat hy gedeel het, was voordelig vir mense in die sakewêreld, sport, onderriginstellings en verskeie ander organisasies.

Bruns is opgewonde oor toekomstige Maties Crest Talks en hoe alumni daaruit voordeel kan trek in hulle professionele lewens. “”Met die Maties Crest Talks skep ons ‘n platform vir leiers vanuit verskillende agtergronde, verskillende industrieë en verskillende kontekste om hul siening oor leierskap uitsluitlik met Matie-alumni te deel – so uiteenlopend en oorspronklik as wat hul aanbiedings mag wees. Hou hierdie spasie dop – ons beplan om nóg inspirerende gesprekke in die komende maande aan te bied.”

More articles

EMS-dosent wen Stellenbosch Network #IdeasForChange Township Challenge

Die US maak deure oop vir Marinda

Laat siektes ’n u-draai maak

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!