Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘Moet nooit ophou droom nie …’

Die Kaapse prokureur Elton Rochert is ’n lewende bewys van die sêding: Moenie dat jou verlede jou toekoms bepaal nie.

Ondanks moeilike kinderjare met baie uitdagings, het Elton in 2022 sy eie firma, Rochert Prokureurs Geïnkorporeer, in Goodwood gestig.

“Ek is die tweede oudste van vyf kinders. Albei my ouers was plaaswerkers, en ons het op drie verskillende plase rondom Stellenbosch gewoon, wat beteken het dat ons baie moes trek en van skool verander.”

Hoewel daar vroeg in sy lewe baie ontwrigtings was, was hy akademies sterk. “By die Primêre Skool Weber Gedenk in Jamestown het ek in graad 5 my eerste diploma vir beste vordering verwerf. En twee jaar later het ek my laerskoolloopbaan as die beste graad 7-leerder by Koelenhof Katolieke Primêre Skool voltooi,” vertel hy. Elton het graad 8 by die Primêre Skool Bruckner de Villiers in Idasvallei op Stellenbosch begin, maar sy gesin het later na Atlantis aan die Weskus verhuis. “Aan die einde van my hoërskoolloopbaan by Hoërskool Proteus in Atlantis was ek die beste graad 12-leerder. Ek het matriek met ’n B en twee onderskeidings geslaag.”

Danksy finansiële bystand van die Universiteit Stellenbosch en die Amicus-beursfonds van Maties se Fakulteit Regsgeleerdheid kon Elton in 1994 by die Universiteit inskryf en sy droom najaag om ’n prokureur te word. “My kinderjare en politieke bewustheid het my gemotiveer om regte te studeer. Die lot van die arm en gemarginaliseerde lede van ons samelewing lê my na aan die hart,” verduidelik hy. “Ek is die US ewig dankbaar vir die broodnodige en ruim finansiële bystand wat ek ontvang het. Daarsonder sou dit onmoontlik gewees het om selfs net met my studie te begin.”

Hy het die grade BA (Regte) en LLB in onderskeidelik 1996 en 1998 voltooi en nege onderskeidings behaal. “Ek is ongelooflik dankbaar teenoor ál my wonderlike dosente, veral wyle prof Lourens du Plessis en prof Gerhard Lubbe.”

In sy finale voorgraadse jaar het hy as gevolg van sy ouers se egskeiding persoonlike uitdagings tuis ervaar. “Prof Lubbe het tot my redding gekom en gereël dat ek my halfjaareksamen ná die Junie-vakansie skryf sodat ek eers aan my gesinskwessie kon aandag gee,” onthou hy. Goeie regsadvies van wyle prof Etienne le Roux by die Regshulpkliniek het hom in daardie tyd ook dinge by die huis help uitstryk. “Ek was ’n jaar later bevoorreg om as studentekonsultant onder die uitstekende toesig van prof Le Roux te werk.”

Elton se regsloopbaan het as ’n kandidaatprokureur by Sonnenberg Hoffmann Galombik in Kaapstad begin. Hy het later as prokureur by die firma Jan S de Villiers en toe as senior genoot by Webber Wentzel Bowens aangesluit. “Ek het ook in die korporatiewe sektor gewerk as groepregsadviseur en maatskappysekretaris van ’n JEB-genoteerde maatskappy, waarvan ek later ’n uitvoerende direkteur geword het. En nou is ek direkteur van Rochert Prokureurs, waar ek in kommersiële litigasie, arbeidsreg en munisipale reg spesialiseer. Ek is ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse Munisipale Regsforum.”

Hy is passievol oor die transformasie van die hele samelewing. Hy het by Maties aktief aan die studentepolitiek deelgeneem en het steeds ’n lewendige belangstelling in aktuele politieke sake en die sosio-ekonomiese uitdagings van die land. ’n Hoogtepunt vroeg in sy studentejare was toe hy sy rolmodel, wyle president Nelson Mandela, van aangesig tot aangesig in Atlantis kon ontmoet toe die staatshoof die dorp besoek het.

Op die vraag oor wat hom elke dag motiveer, sê Elton hy word geïnspireer deur sy geloof en die verskil wat hy in ander se lewens kan maak – hetsy op ‘n professionele of persoonlike vlak.

“Moet nooit ophou droom nie, en onthou dat harde werk altyd vrugte afwerp,” sluit hy af.

  • Skrywer: Birgit Otterman
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Studie ondersoek vleisalternatiewe suid van die Sahara

#COVID-19: Boodskap van meegevoel en ondersteuning van Prof Wim de Villiers

Stefan ‘opgewonde’ oor unieke PhD-geleentheid wat oor drie kontinente strek

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!