Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Rachel’s Angels genomineer vir TV-toekenning

Goeie dade kweek nóg goeie dade. Kyk maar net na die kettingreaksies gekataliseer deur ’n sosiale impak -program soos Rachel’s Angels, waarvan die verhaal op televisie beland het, en boonop vir ’n gesogte televisieprys genomineer is.

 

Uit die domino-effek van dié program, die breinkind van prof. Rachel Jafta van die Universiteit Stellenbosch (US) se ekonomiedepartement, onder meer, en Koos Bekker, voorsitter van Naspers, is die dokumentêre film Inspirasiestories gebore.

 

Inpirasiestories is vir die eerste keer in November laas jaar op VIA TV uitgesaai, en op 14 Julie vanjaar is dit benoem vir ’n Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekenning, oftewel ’n SAFTA.

 

Maar hoe het Rachel’s Angels se storie Inspirasiestories geword, en hoe het dít toe op die kassie opgeëindig?

 

Prof. Jafta vertel: “In 2020 het die US se ekonomiedepartement 100 jaar oud geword. Ons het ’n groot program van dinge gehad wat ons wou doen om die eeufees te vier. Ek wou baie graag ’n sosiale impak -ekspo hou waar die departement op ’n kreatiewe manier kon demonstreer nie alleen hóé ons navorsing en ons onderrig bydra tot die samelewing wat ons bedien nie, maar ook ons sosiale impak -inisiatiewe, waarvan die Rachel’s Angels-program een was.”

 

Dié program het van 2007 tot 2016 graad 11- en 12-leerders vir tersiêre studies voorberei deur ondersteuning en leiding aan belowende studente uit minderbevoorregte omstandighede te voorsien. Dít is gedoen deur elke leerder aan ’n spesiaal geselekteerde mentor te koppel, wat help sin maak het van die universiteitslewe. Die domino-effek was in volle effek: mentees raak later sélf rolmodelle wat ander kan ophelp.

 

“Toe ons nou kreatief begin dink oor hoe ons die storie gaan vertel, het ek met my medestigter van Rachel’s Angels, Koos Bekker, gesels oor hoe ’n mens dit die beste sou kon demonstreer. Hy het toe die blink gedagte gehad dat ons dalk ’n dokumentêr kon doen waarin ons die stories van sommige van die mentees en mentors vertel wat deur die progam gekom het,” sê sy.

 

Die 44-minuut-lange Inspirasiestories is toe verfilm, en dit vertel die verhaal van 13 Rachel’s Angels. Jy kan nie ongeraak bly wanneer jy in hul eie stem hoor hoe hierdie mentorskapprogram die deelnemers – beide mentees en mentors – se lewens verander het nie.

Die dokumentêr fokus op die lewens van Zahriah Beukes, Siziphiwe Dinwa, dr. Ricardo Smart, Anastasia Gordon, Monique Mortlock, Lucinda Roux, Jerobiam Julies, dr. Wesley du Plessis, Davina Dassie, Anthony Huisamen; Calumet Links, Khanyiso Jonas, dr. Adriaan Engelbrecht en prof. Jafta self.

 

Dit onderstreep op sielvolle manier ’n onderliggende band van nederigheid, leergierigheid en die uitstyg bo hul omstandighede wat ál hierdie merkwaardige deelnemers gemeen het.

 

“Die beweegrede van my kant af was regtig om mense te inspireer; om byvoorbeeld vir ’n kind wat van dieselfde agtergrond as ek en baie leeders in die Rachel’s Angels-program kom – waar ons niemand in ons gemeenskap het wat al universiteit toe gegaan het; en daar nie rolmodelle is nie – om net die horisonne te verbreed en daardie blootstelling te gee.”

 

Sy sê die eerste keer toe sy hoor van die nominasie, was haar eerste gedagte dat dit ’n “wonderlike hupstoot in selfvertroue aan die deelnemers sou gee dat húl stories hierdie erkenning kry deur benoem te word vir ’n SAFTA-toekenning, so ek’s baie opgewonde daaroor”.

 

Inspirasiestories deel die nominasie vir “beste gemaak vir televisiedokumentêr” met Devilsdorp en Echoes in the Valley. “Ons is in ’n kategorie saam met twee baie sterk ander dokumentêre programme, wat opsigself baie kykers bind, so ek hoop maar dat die inspirasie in ons stories die knoop sal deurhaak. Ek is baie opgewonde!” lag sy.

 

Sy sê om te kan hoor hulle wen, sal groot wees. “Ek ken nie baie akademici wat aan die hoof van ’n program gestaan het wat ’n SAFTA-toekenning gewen het nie!” Sy lag hartlik.

 

Wat sal dit vir haar beteken as Inspirasiestories wen? “Vir my sal dit persoonlik ’n baie opwindende ding wees, maar nog méér só vir die deelnemers, want met die skiet van die program het ons natuurlik die deelnemers by hulle ouerhuise besoek en daar was groot opgewondenheid – nie nét by die onmiddellike familie nie, maar ook by die uitgebreide familie en ander mense in hul dorp. So ek dink dit sal vir die gemeenskappe ongelooflik baie beteken.”

 

Die toekenningseremonies vind virtueel op 2 en 3 September 2022 plaas.

 

Die dokumentêr kan hier gesien word: https://www.youtube.com/watch?v=HEj50A6oNbg.

More articles

Hibridiese ADA-winterskool lui terugkeer na kontakaanbod in

Bedanking van Adv Jan Heunis

Alumni stories op Woordfees TV

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!