Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Duitse vise-kanselier ‘hoogs beïndruk’ met US se navorsing, fasiliteite

ʼn Hoëvlak afvaardiging van Duitsland, wat όόk die Duitse vise-kanselier ingesluit het, het onlangs met top-wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US) vergader by die nuwe ultramoderne Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) op die universiteit se Tygerberg-kampus in Kaapstad.

“Ek is hoogs beïndruk,” het die Duitse vise-kanselier, dr Robert Habeck, gesê na ʼn blitstoer van die BMNR-fasiliteit en gesprekke met ondermeer die US se top bio-informatikus, prof Tulio de Oliveira, oor belangrike navorsing wat die US doen met betrekking tot die globale epidemiese response.

Die besoek – wat ook verskeie lede van die Duitse kabinet en parlement, die Duitse ambassadeur en konsul-generaal in Suid-Afrika, asook ʼn groot besigheidsafvaardiging en media ingesluit het – het gevolg op ʼn onlangse besoek deur De Oliveira aan Duitsland om die Duitse Afrikatoekenning van die bondskanselier, Olaf Scholz, te ontvang. Gedurende sy besoek einde November het De Oliveira samesprekings gehou met die Duitse Minister van Gesondheid, verskeie parlementslede en mede-wetenskaplikes.

Die afvaardiging is op ʼn toer geneem deur die splinternuwe, ultramoderne BMNI-fasiliteit by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Dit is die mees gevorderde biomediese navorsingsfasiliteit op die Afrika-kontinent en het meer as R1 miljard gekos om te bou. Dit spog met wêreldklas navorsingslaboratoriums en toerusting, insluitende twee Illumina Novaseq DNS-volgordebepalingsplatforms – die grootste van sy soort in die wêreld. Daar was ook demonstrasies by die laboratoriums van die Sentrum vir Epidemiese Response en Innovasie (CERI), wat ʼn belangrike rol gespeel het met die opsporing van variante gedurende die Covid-19-pandemie, en werk doen aan pandemie voorkoming in Afrika en die res van die wêreld.

Habeck, wat ook die Duitse Bondsminister vir Ekonomiese Sake en Klimaataksie is, het gesê hy was “geskok” nadat De Oliveira verduidelik watse impak klimaatsverandering het op die uitbreek van siektes en epidemies.

Die besoek maak deel uit van pogings om samewerking te stimuleer tussen Suid-Afrika/Afrika-instansies en Duitsland en om belegginsgeleenthede te ondersoek om belangrike navorsing op die Afrika-kontinent te bevorder.

Bannier-foto: Die Duitse afvaardiging saam met FGGW-personeel.

More articles

Skenkingsdag: Kan ons op jou staatmaak?

Rapport redakteur spreker by jaarlikse Konvokasievergadering

Menswaardigheid aan die hart van geneeskunde: dr Imtiaz Sooliman

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!