Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Felix staan FGGW-departemente by om fondswerwingdoelwitte te bereik

“Mense gee nie geld vir vreemdelinge nie, hulle gee dit vir vriende. Daarom beskou ek myself as ’n vriend sowel as ’n fondsinsamelaar.”

Dit is die filosofie van Felix Spies, Bestuurder: Fondsinsameling en Vennootskappe in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), wat hom sedert Oktober 2022 beywer vir die insameling van fondse vir departemente en personeellede wat dit nodig het.

Spies, wat in Barberton gebore is en in Kaapstad gematrikuleer het, is aangestel om die visie te help verwesenlik van die Dekaan van die FGGW, prof Elmi Muller, wat fondsinsameling as ’n sleuteldoelwit van die Fakulteit beskou, veral wat filantropiese skenkings betref.

Die mandaat van hierdie BSc-gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch (US), ’n voormalige wetenskaponderwyser en suksesvolle sosiale entrepreneur, behels die uitreik na maatskappye en alumni vir skenkings en beurse en die reël van spesiale geleenthede soos alumni-reünies en ‑webinare.

“Vir die vriendskapwerwingsdeel van die werk word daar daagliks aktief met alumni wêreldwyd geskakel om hulle via sosiale media, e-pos, vergaderings en die US-hubs, waarvan daar 13 in Suid-Afrika en 13 oorsee is, nouer by die Fakulteit te betrek,” verduidelik Spies.

Die idee is om bewustheid te skep en ondersteuning vir die FGGW te werf, en om wedersyds voordelige verhoudings met alumni te bevorder. “Ons wil hulle nie net vir geldelike bydraes nader nie, ons wil ook waarde bied deur geleenthede te reël waar hulle met ons kan skakel.

“ ’n Voorbeeld is die reünies vir die sesdejaarsgroepe wat op 16 September plaasvind, wanneer die US Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, ook sy 40ste reünie saam met sy klasmaats gaan vier.

“Nog ’n voorbeeld is my onlangs gereëlde webinaarreeks in samewerking met StellMed, wat onder die Afdeling Voortgesette Professionele Ontwikkeling ressorteer en aan alumni die geleentheid bied om VPO-punte te verdien.”

Die onlangse ingebruikneming van die wêreldgehalte Biomediese Navorsingsinstituut was nog ’n geleentheid waar die jongste ontwikkelings by die FGGW vertoon is. Spies het die Breaking Boundaries-geleentheid gereël waar denkleiers alumni toegespreek het oor hoe lewens aan die hand van deurbraak‑wetenskap verbeter kan word.

Potensiële befondserstrome wissel van voorgraadse studente en interne tot jong werkende professionele persone, registrateurs, nagraadse studente, gevestigde werkende professionele persone, afgetrede alumni, en instellings.

“Ons wil graag hê dat elkeen van hierdie strome een van die drie T’s, in Engels ‘time’, ‘talent’ en ‘treasure’ of geldwaarde, bydra. Ons vra nie noodwendig geld nie,” verduidelik hy.

Spies is tans ingeskryf vir ’n MBA aan die Henley‑sakeskool en studeer met ’n Henley Africa‑dekaansbeurs. Hy het groot sukses in ’n wyduiteenlopende loopbaan behaal, wat hom dubbel en dwars vir sy nuwe rol toerus. In 2017 het hy Split Second Science gestig, wat spesialiseer in die skep van doelgemaakte opvoedkundeprogramme en ‑ervarings vir Innovasie, Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (I-STEM). Spies was ook die stigter van die Split Second Science Education Foundation, ’n platform vir leerders en jeugdiges in landelike en semi-stedelike gebiede waardeur hulle by I-STEM betrokke kan raak en volhoubare vaardighede kan ontwikkel. In 2021 is Spies aangestel as Bedryfshoof van The President’s Award for Youth Empowerment, ’n toonaangewende jeugontwikkeling- en bemagtigingsprogram.

Op ’n vraag waarom die FGGW ’n pos vir fondsinsameling wou skep, sê Spies dat die FGGW veral op toelaes aangewese is en dat verskeie departemente geïsoleerd te werk gaan. “Die rol behels dat daar koördinering geskep word tussen ’n verskeidenheid departemente ten einde multidissiplinêre aanbiedings te maak wat by filantropiese skenkers byval vind.

“Verskeie departemente weet ook nie hoe om fondse in te samel nie en my taak is om die proses te lei. ’n Persepsie bestaan dat departemente ’n deel van die skenkings kan verloor indien ek betrokke raak, maar dit is nie korrek nie. Departemente ontvang 100% van die skenkings, ek kan dit net veel vinniger laat gebeur.”

Om die punt te illustreer noem Spies die meer as R4 miljoen wat vir prof Carine Smith van die Afdeling Kliniese Farmakologie ingesamel is. Verder word ’n jaarlikse skenking van R2,2 miljoen deur Dokters Sonder Grense (MSF) tans gestruktureer in samewerking met prof Jantjie Taljaard, die Hoof van die Afdeling Oordraagbare Siektes.

Nagraadse beurse ten bedrae van R2,2 miljoen is gerealiseer. “Maatskappye wil dikwels beurse skenk, maar dan het departemente nie die nodige kundigheid nie, of hulle is te besig. Ek kan die proses deurlopend opvolg en verseker dat beurse nie deur die mat val nie,” verduidelik Spies.

Skarebefondsing is ’n bykomende opsie en Spies het onlangs meegehelp om 140% van die teikenbedrag in te samel wat prof Karin Baatjes, FGGW Visedekaan: Leer en Onderrig, haar ten doel gestel het, naamlik om 49 km af te lê om R49 000 vir die Ithemba-beursfonds in te samel.

Op die vraag waarom Fakulteitslede aangemoedig moet word om met hom oor idees en behoeftes vir fondsinsameling te skakel, sê Spies die FGGW se werk kan bevorder word deur toegang tot ’n stroom filantropiese skenkings te verkry. Dit beteken dat ’n groter aantal goed opgeleide gesondheidswerkers tot die openbare sektor kan toetree, wat sal meehelp dat Suid-Afrika se massiewe tekorte in die gesondheidstelsel en die viervoudige las van siektes wat die land in die gesig staar, aangespreek word.

  • Fotobyskrif: Felix Spies
  • Foto: Wilma Stassen

More articles

Konvokasie: Buitengewone Vergadering

Dissiplinêre Appèlkomitee handhaaf Theuns du Toit se skorsing

Globale klimaatsverandering-ambassadeurs van US by COP27

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!