Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

FGGW gee erkenning aan personeel se leer en onderrig prestasies

Die prestasie van personeellede op die gebied van leer, onderrig en evaluering is onlangs gevier by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Hierdie geleentheid was aangebied deur prof Karin Baatjes, FGGW Vise-dekaan: Leer en Onderrig, en was die eerste van hierdie jaarlikse geleentheid wat beloof om ʼn hoogtepunt op die fakulteit se kalender te word.

Om ʼn goeie onderwyser te wees, verg meer as net vakkennis, het Baatjes in haar verwelkomingsrede gesê. “Die vermoë om kennis oor te dra sodat dit vir elke student verstaanbaar is, is ʼn talent,” het sy verduidelik. “As die kennis nie op ʼn betekenisvolle manier oorgedra word nie, is daar minimale begrip, en was die moeite verniet.”

Baatjes het voortgegaan: “Onderrig behels nie net die oordrag van feite nie. Onderwysers moet belê in nuwe maniere en tegnieke van onderrig, en moet ʼn geneentheid hê om formele en informele geleenthede vir leer te gebruik, vir voortdurende ontwikkeling in die rol as ʼn akademiese onderwyser.”

Ter ondersteuning van hierdie voortdurende ontwikkeling bied die FGGW, deur middel van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderrig (SGBO), ʼn aantal fakulteit ontwikkelingsinisiatiewe aan deur die loop van die jaar om dosente en fasiliteerders by die FGGW voor te berei vir hulle rolle in onderrig en evaluering.

Hoof van die fakulteit se ontwikkeling, dr Rhoda Meyer, het aangedui dat belangstelling in die SGBO se leer, onderrig en evaluering-programme die afgelope paar jaar toegeneem het, en dat daar in 2022 meer as 610 deelnemers aan die verskillende programme was.

“Dit was ʼn besige jaar vir gesondheidsberoepe onderrig by die FGGW wat navorsing betref,” het Meyer gesê. “Fakulteitslede het 19 aanbiedings by die US se Vakgeleerdheid van Onderrig en Leer kongres aangebied, en by dieselfde geleentheid het die FGGW se Janine Correira, prof Karin Baatjes en Ilse Meyer die kortlys gehaal vir die beste navorsingsaanbieding vir hulle studie ‘Student perceived value on the use of clay modelling in undergraduate clinical anatomy at SU’.”

SGBO-direkteur, prof Susan van Schalkwyk, het erkenning gegee aan ʼn aantal FGGW-personeellede vir die voltooiing van verskeie kortkursusse, insluitend: dr Marli Conradie-Smith vir die voltooiing van die MPhil-kortkursus in Kurrikulum Ontwikkeling en Evaluering in Gesondheidsberoepe Onderrig, en mev Rykie van Toorn vir die voltooiing van die MPhil kortkursus in Vaardigheidsontwikkeling. Daar is ook erkenning gegee aan diegene wat die Onderrig in die Gesondheidsberoepe -kortkursus suksesvol voltooi het. Dié wat bygewoon het was mev Betsie Vlok, mnr Daniel Mashishi, dr Matthew Mausling, dr Heinri Zaayman, en dr Liezl Smit, wat tans besig is met die Vakgeleerdheid van Opvoedkundige Leierskap -kortkursus. Van Schalkwyk het ook eer betoon aan vorige Onderrig Genote en ontvangers van die Uitnemendheid in Onderrig -toekenning, asook die beduidende aantal FIRTL (Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer) ontvangers wat by die FGGW die afgelope paar jare.

“Vandag gee ons erkenning aan julle toegewydheid tot die verbetering van ons studente uitkomste, asook vir die bevordering van julle eie ontwikkeling en kennis van Gesondheidsberoepe Onderrig – waarvan die nalatenskap in generasies van studente te siene sal wees,” het Baatjes afgesluit.

Onderskrif
Foto links: Rykie van Toorn en dr Liezl Smit. Foto regs: Dr Matthew Mausling, dr Heinri Zaayman, Betsie Vlok en Daniel Mashishi.

More articles

Small Things Fonds-stigter, Dr. Rhoda Malgas, ontvang PhD vir studie oor inheemse teebedryf

US verwelkom ‘n 100 regsgeleerdes vir Global Scholars Academy

Covid-19 vergroot risiko vir komplikasies en sterfte vir swanger vrou in Afrika suid van die Sahara

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!