Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Internasionale simposium onder leiding van die US steun ‘Die lewe ná TB’

Die Universiteit Stellenbosch (US) was onlangs die gasheer vir die tweede Internasionale Post-TB Simposium, waar die voorste kenners op die gebied van tuberkulose- (TB-) behandeling en ‑navorsing byeengekom het om die kwessie van longgesondheid ná TB te bevorder.

“Al hoe meer bewyse kom na vore wat daarop dui dat ʼn beduidende proporsie individue die een of ander soort nagevolg, wat deur TB veroorsaak is, ná afloop van hulle behandeling vir TB ervaar. Hierdie mense benodig ondersteuning en mediese bestuur vir hulle TB-verwante morbiditeit ná afloop van TB-behandeling,” sê prof Marieke van der Zalm van die US se Desmond Tutu TB Sentrum (DTTS) en bestuurskomiteelid van die Post-TB Simposium.

Soos al hoe meer mense die TB-behandeling afhandel, raak die las van post-TB-gevolge al hoe groter. “ʼn Onlangse modelleringstudie het beraam dat 155 miljoen TB-oorlewendes in 2020 geleef het, waarvan ʼn beraamde 6 tot 10% kinders jonger as 15 jaar was en die aangepaste lewensjare vir gestremdheid met amper 50% gestyg het met die post-TB-lewe ingesluit,” verduidelik Van der Zalm.

Meer as 150 afgevaardigdes uit 31 lande en 99 instellings het die simposium bygewoon, waaronder verteenwoordigers van nasionale TB-programme, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), die Nasional Gesondheidsinstitute (NIH) en die European and Developing Countries Clinical Trials Partnership (EDCTP – vennootskap van Europese en ontwikkelende lande vir kliniese toetse).

“Die tema van vanjaar se konferensie was ‘Die lewe ná TB’ en die mikpunt was om van voorspraak, wat met die eerste simposium bereik is, na optrede in die tweede een te beweeg,” sê Van der Zalm.

Die vier hoofdoelwitte van die konferensie was:

  1. Voorspraak – om globale bewustheid van post-TB-gevolge aan te wakker en om gemeenskappe wat deur TB geraak word, te bemagtig
  2. Kennis – om die kennis oor die lewe en siektes ná TB by te werk en navorsingsprioriteite te identifiseer
  3. Netwerkvorming – om navorsingsmedewerking op te bou en konkrete planne vir navorsing en voorspraak op te stel
  4. Konsensus – om die behoefte aan die vaslegging van die uitkomste vir longgesondheid in kliniese TB-proefnemings uit te lig

Die simposium het die allernuutste aanbiedings en interaktiewe werksgroepe, onder voorsitterskap en leiding van lede van die internasionale bestuurskomitee, ingesluit. Die oorhoofse mikpunt van die bestuurskomitee is om referate voortvloeiend uit die konferensie en ander referate, soos deur die onderskeie werksgroepe besluit is, te publiseer.

​Opskrif: Afgevaardigdes by die Internasionale Post-TB Simposium 

More articles

Nominasie van Uitvoerende Komitee

Rektor lei Maties in Kaapstad-fietstoer

‘Bridge the Gap’-boomversiering

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!