Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Havenga Prys in lewenswetenskappe toegeken aan US mikrobioloog, Prof. Gideon Wolfaardt

Prof Gideon Wolfaardt van die Universiteit Stellenbosch (US) is die ontvanger van die gesogte Havenga Prys wat jaarliks deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word vir oorspronklike navorsing in natuurwetenskappe.

Prof Wolfaardt wat as mikrobioloog opgelei is, is tans die direkteur van die Universiteit Stellenbosch Waterinstituut (SUWI) en beklee die Rand Water Navorsingsleerstoel in Openbare Gesondheid en die ERWAT Navorsingsleerstoel in Afvalwaterbestuur in die US se Departement Mikrobiologie. Hy het ook ‘n gesamentlike aanstelling as professor in Omgewingsmikrobiologie by Ryerson Universiteit in Toronto, Kanada, en is medeprofessor in die Departement Toegepaste Chemie en Chemiese Ingenieurswese, ook by Ryerson Universiteit.

Hy word deur kollegas beskryf as ‘n plat-op-die-aarde wetenskaplike met ‘n bomenslike werksetiek en ‘n passie vir sy navorsing. Hy bestuur tans ses multidissiplinêre navorsingsprojekte wat onder andere kyk na: kontaminante in afvalwaterafloop wat al hoe meer kommer wek; die voorkoming van grondwaterkontaminasie in die konteks van  globale en klimaatsverandering; die verhoging van die biogebaseerde industriële voermateriaal op marginale grond; en dan bestuur hy ook ‘n Suider-Afrika-Duitse samewerkingsprojek op die gebied van watersekuriteit in Afrika.

Sy navorsingsgroep was die eerste uit Afrika wat deelgeneem het aan die Sewage Analysis CORe group Europe (SCORE)-projek saam met ‘n Europese netwerk van kundiges op die gebied van afvalwatermonitering. Lede van sy netwerk ondersoek die gebruik van kwantitatiewe meting van menslike biomerkers in afvalwater ten einde leefstyl, gesondheid, en blootstelling op gemeenskapsvlak te evalueer. Tydens die Covid-19-pandemie was sy groep ook deel van ‘n nasionale netwerk van kundiges wat gewerk het om ‘n vroeë waarskuwingstelsel te ontwikkel, deur die afloop van afvalwater vir die teenwoordigheid van SARS-Cov-2 te monitor.

Terwyl sommige van die navorsing fundamenteel van aard is, fokus sy navorsingsgroep hoofsaaklik op die behandeling en bestuur van water, die voorkoms en impak van mikrobesoedelingstowwe, infeksiebeheer, die mikrobiese omskakeling van biomassa, die bestuur van mynuitskothope en kernafval, en die voorkoms en gedrag van mikroörganismes in die omgewing.

Prof Wolfaardt het al meer as 100 ewekniebeoordeelde artikels en hoofstukke in boeke gepubliseer en is al verskeie kere genooi om seminare in Kanada, die Verenigde State van Amerika, Duitsland, Suid-Afrika, Marokko, Oostenryk en Australië aan te bied. Sy navorsing oor omgewingsprosesse in industriële, gemanipuleerde en kliniese omgewings het ‘n sterk klem op tegnososiale innovasie, wat sedert 2013 tot ag geregistreerde patente gelei het.

Volgens Prof Alf Botha, hoof van die US se Department Mikrobiologie, is Prof Wolfaardt verál bekend onder nagraadse studente, kollegas, industrievennote en boere vir sy regverdige behandeling van ieder en elk: “Hy het al menige boere gehelp om hul waterprobleme op te los, dikwels sonder om enige iets terug te verwag.”

More articles

Maties stel hul kunswerke ten toon by nuwe Alumni-klubhuis

#EndGBV: ‘Ondersoek jou gedrag’

Eerstejaarsprestasietoekennings

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!