Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Hoe die beplanning van ’n Desembervakansie tot EskomSePush gelei het

Toe Herman Maritz en Dan Southwood- Wells hierdie toepassing agt jaar gelede konseptualiseer het, sou hulle nooit kon dink hoe ‘n belangrike bron van inligting dit vir meer as 6.5 miljoen gebruikers sou word nie.

Volgens Herman, wat sy meestersgraad in Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy en Dan mekaar ontmoet by Entersekt, ‘n mobiele sekuriteitsmaatskappy in Stellenbosch, waar Herman in 2010 ‘n sagtewareingenieur was.

“Om by Entersekt te werk was waarskynlik die beste besluit wat ek in my hele lewe gemaak het. Om in werklike tyd duidelikheid oor dinge te kry, is die beste manier om vinnig te leer,” sê hy.

Hy en Dan het die toepassing aan die einde van 2014 geskep omdat hulle wou weet wanneer beurtkrag plaasvind sodat hulle hulle Desembervakansie kon beplan.

“Beurtkragskedules is moeilik om te verstaan, en ons wou hê dit moet eenvoudig wees. Ons het vir ons self kennisgewings begin stuur sodat ons kon besluit wanneer om ‘n bietjie langer in die kantoor te bly. Dit het na ons vriende en familie uitgebrei. Ons het toe ‘n naweek spandeer om die toepassing te skryf en ons het oor die jare in ons vrye tyd daaraan gewerskaf.”

Hoewel die naam EskomSePush na stootkennisgewings vir Eskom se beurtkrag verwys, ontken Herman nie dat hulle in hulle mou gelag het toe mense met Afrikaanse aksente (insluitend sy eie, erken hy) die toepassing se naam moes uitspreek nie.

Die skep van EskomSePush en sy aanvanklike groei tot 1.5 miljoen gebruikers het vir Herman op dieselfde tyd as ‘n loopbaanskuif plaasgevind toe hy aan die begin van 2015 by die OLX-groep in Kaapstad begin werk het.

Daarna het beurtkrag in 2016 en 2017 ‘n bietjie asem geskep, en Dan het dinge aan die gang gehou totdat beurtkrag in 2018 teruggekeer het. Sedertdien het die toepassing gegroei tot 6.7 miljoen gebruikers en die impak daarvan het aansienlik uitgebrei.

“Iets cool wat ek nie verwag het nie, is dat ons nou ander maatskappye help om beurtkrag te hanteer. Mobiele netwerke en groot maatskappye gebruik die Business API om inligting aan kontaksentrums te verskaf, foute en status oor verspreide netwerke te bestuur, en die impak op bedrywighede te visualiseer.

Doeltreffendheid is die wagwoord om die impak van beurtkrag effektief te hanteer.

“Inligting is mag. Ons wil almal weet wat om ons aangaan. Akkurate en intydse inligting gee ons gemoedsrus en bied ‘n bietjie gerusstelling in ‘n toenemend chaotiese wêreld.”

Hulle werk nou aan EskomSePush se nuwe AskMyStreet-funksie, waardeur enigiemand vrae kan vra en antwoorde op hiper-plaaslike probleme kan kry.

Die kategorieë sluit in elektrisiteit, water, paaie, brande, troeteldiere, internetkwessies en veiligheid.

“In samewerking met ons app-gemeenskap help ons om mense in te lig oor kwessies in hulle omgewing, net soos ons met beurtkrag gedoen het. Dit was nog nooit so maklik om tred te hou met wat om jou gebeur nie.”

Ten spyte van beurtkrag, is Herman steeds ‘n trotse Suid-Afrikaner.

“Daar’s oral probleme. Die manier waarop Suid-Afrikaners humor gebruik om die swaar dra aan kwessies te verlig, is iets besonders.Ons weet ook dat niemand ons gaan kom help nie; ons kla, maar op die ou end hanteer ons ons kwessies op ‘n daadwerklike manier,” sê hy.

  • Writer: Pia Nänny
  • Hierdie artikel is gepubliseer in vanjaar se eerste uitgawe van ons Matie-alumnitydskrif en weerspieël die stories van mense met unieke geesteskrag.
    So, indien julle op soek is na antwoorde op ’n paar lewensvrae, of selfs eenvoudige wenke benodig oor hoe om teëspoed in geleenthede te omskep, lees gerus verder, Maties!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

#SUgrad: Derdetaalspreker se liefde vir Afrikaans lei tot meestersgraad in vertaling

Ontmoet die US se GAUC ambassadeurs vir globale verandering

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!