Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Konvokasieverkiesing: nog net twee dae oor om te stem

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) het nog tyd tot net voor middernag op Maandag 7 Desember 2020 om vir drie lede van die uitvoerende komitee (UK) van die Konvokasie te stem. Die drie vakatures is vir die president, sekretaris en ’n gewone lid van die Uitvoerende Komitee.

Die doel van die Konvokasie is om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ’n wedersyds voordelige verhouding tussen die instelling en die lede van die Konvokasie te handhaaf, en mag wanneer gepas, die Senaat en die Raad adviseer. Alle persone wat ’n kwalifikasie by ’n kongregasie (dus ’n gradeplegtigheid) van die US verwerf het, is lede van die Konvokasie; ook die rektor, viserektore, uitvoerende bedryfshoof en alle voltydse akademiese personeel. Voltydse akademiese personeel van die US bly ook lid van die Konvokasie na hul aftrede.

Vir die presidentsvakature is twee nominasies ontvang; vier nominasies vir die vakante posisie van sekretaris; en ses nominasies vir die gewone lid van die uitvoerende komitee. Die ampstermyn vir lede van die uitvoerende komitee is drie jaar. Kandidate is weer verkiesbaar, maar nie vir meer as drie opeenvolgende termyne nie.

Die US het ’n klagte ontvang dat drie kandidate se visiestellings die perk van 50 woorde met tussen drie en veertien woorde oorskry het, saam met die aandrang dat hulle gediskwalifiseer behoort te word. Die US het teen diskwalifikasie besluit aangesien nie enige van die kandidate hierdeur onregmatig bevoordeel word nie. Verwysings na ‘n vorige kandidaat wat gediskwalifiseer is, was vir die verkiesing van raadslede en nie vir die uitvoerende komitee van die Konvokasie nie. Sy nominasie is ongeldig verklaar omdat een van sy sekondante nie ’n US-alumnus was nie en nie omdat hy die aantal toegelate woorde oorskry het nie.

Die US het ook ’n klagte ontvang oor eposse wat die ondersteuning van bepaalde kandidate aanmoedig. Die klagte hou verband met die oënskynlike beskikbaarstelling van die US se verspreidingslyste. Dit is egter nie die US se beleid om enige van sy studente-, personeel of alumni-databasisse beskikbaar te stel aan individue of organisasies nie, tensy daar toestemming is of ander gronde bestaan vir beskikbaarstelling. In hierdie geval was daar nie sulke omstandighede van toepassing nie en het die US nie enige verspreidingslyste beskikbaar gestel nie.

Die verkiesing sluit Maandagaand, 7 Desember 2020 om 23:59 en die suksesvolle kandidate sal by die virtuele Konvokasievergadering op 9 Desember 2020 aangekondig word. Die jaarlikse Konvokasie-vergadering vind vir die heel eerste keer aanlyn plaas, wat alumni van regoor die wêreld die geleentheid bied om in te skakel en deel te neem aan die vergadering. Die vergadering is geskeduleer vir 18:00 (SAST) op 9 Desember 2020, dus 16:00 in Londen (BST), 17:00 in Brussel (CEST) 08:00 in Los Angeles (PST), 11:00 in New York (EST) en 00:00 in Hongkong (HKT) op 10 Desember 2020. Lede van die Konvokasie is uitgenooi om teen Vrydag, 4 Desember 2020 aanlyn te registreer vir die bywoning van die vergadering.

Dit is ook die eerste keer dat die verkiesing van die lede vir die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie aan die hand van ’n verkiesingsprosedure via ’n digitale platform plaasvind. Die name van die kandidate, hul visiestellings en riglyne vir die stemproses is op die US se webblad beskikbaar. Navrae kan gerig word aan konvokasie@sun.ac.za.

More articles

US mariene bioloë raap toptoekennings op by SASAqS Konferensie

Herinnering: Konvokasie – Verkiesing

“Terugkyk is vorentoe kyk” – die volgende 30 jaar van internasionalisering by die US

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!