Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Malope haal die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners lys

Malebo Malope, ‘n genetiese voorligter en dosent aan die Universiteit Stellenbosch (US), is aangewys as een van die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners vir 2022. Hierdie gesogte lys vier uitstaande jong individue wat daartoe verbind is om ‘n inklusiewe, gelyke en volhoubare toekoms vir almal te skep.

Die 30-jarige Malope, wat tans in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe werk, sê sy was in totale skok en ongeloof toe sy uitvind dat sy die 2022-lys gemaak het.

“Ek kon nie die geleentheid in Johannesburg bywoon nie en het dit aanlyn gevolg, maar daar was tegniese probleme en ek kon nie verder kyk nie. Toe ek sien hoe ander hul profiel foto’s op sosiale media plaas, het ek die webtuiste besoek en tot my groot verbasing ontdek dat ek die lys gehaal het. Ek het selfs die webblad toegemaak en weer gelaai om seker te maak!”

Volgens Malope het hierdie toekenning haar herinner aan hoe ver sy al gekom het. “Ons vergeet dikwels om terug te kyk en die werk wat ons ingesit het raak te sien, omdat ons aandag gefokus is op die toekoms en nog meer behaal. Hierdie toekenning het my laat besin oor my reis tot dusver, en dien ook as ‘n herinnering aan wat ek vorentoe nog graag wil bereik.”

Malope het in 2019 geskiedenis gemaak toe sy Suid-Afrika se eerste swart genetiese voorligter geword het. Sy het egter ‘n paar jaar gelede, toe sy met haar universiteitstudies begin het, geen benul gehad dat hierdie beroepsrigting bestaan nie.

“Aan die einde van matriek is ek nie aanvaar vir die programme waarin ek belanggestel het nie, en ek was maar nog onseker oor wat ek wou doen. Ek het toe op die ou end ‘n laat-aansoek by die Universiteit van Limpopo ingedien vir ‘n BSc in Mediese Wetenskappe, en is aanvaar. Ek het biologie sedert my hoërskooldae geniet en die genetika-deel daarvan nogal interessant gevind. Ek het egter toe nog glad nie geweet van genetiese berading nie,” vertel sy.

Dit was eers in haar finale jaar (honneurs) met Mensgenetika as hoofvak, wat Malope vir die eerste keer van genetiese voorligting gehoor het by haar destydse studieleier, medeprofessor Kathrine Scholtz. “Ek het net geweet dit is vir my. Dit pas perfek by my liefde vir genetika, om met pasiënte te werk en voorligting.”

Sy het sedertdien ‘n MSc (Med) in Genetiese Berading behaal aan die Universiteit van Kaapstad, en is tans besig met haar PhD.

Malope verduidelik dat ‘n genetiese berader ‘n gesondheidswerker is wat gespesialiseerde opleiding in beide mediese genetika en berading het. “Ons help kliënte om die mediese, psigososiale en familiale implikasies van ‘n siekte te verstaan en aan te pas. Die mediese aspekte behels die bespreking van die toestand, die onderliggende genetiese oorsaak, beskikbare opsies en herhalingsrisiko’s. Dikwels word genetiese toestande oorgeërf en kan dit aan toekomstige geslagte oorgedra word en daarom bespreek ons die familiale implikasies en identifisering van gesinslede wat in gevaar is wat by genetiese voorligting kan baat vind.”

Dit sluit ook die psigososiale aspek in aangesien kliënte dikwels skok, hartseer, stres en ander emosies ervaar. “Genetiese voorligting bevorder die outonomie van die kliënt,” gaan Malope voort. “Ons vergemaklik hul besluitnemingsproses deur hulle te help om ‘n besluit te neem wat goed ingelig is en in lyn is met hul persoonlike oortuigings en wêreldbeskouings.”

Malope het in Mei 2020 by die US begin werk, net toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het. “Ek is verantwoordelik vir die koördinering van die onderrigaktiwiteite binne die Mediese Genetika en Genetiese Voorligtingseenheid van die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika. Ek het ook kliniese pligte in Tygerberg-hospitaal waar ek genetiese voorligting verskaf, hoofsaaklik in die prenatale omgewing, en deelneem aan die genetiese voorligtingsopleiding van interns en studente. Ek geniet werklik beide die interaksie met pasiënte en die onderrig aspekte van my werk.”

Malope het ook ‘n Instagram-blad (@genetic_counselling_with_m) geskep om bewustheid van genetiese voorligting, genetiese toestande, basiese konsepte van genetika, pasiënt ervarings en relevante navorsing binne die veld te verhoog.

Op die vraag watter raad Malope vir jongmense het, sê sy: “Ontdek jou passie en jou doel, en werk hard daaraan. Soms sal jou passie nie ooreenstem met jou doel nie, en dit is oukei. Jy kan hulle albei afsonderlik vervul. Wat belangrik is, is om in jouself te glo – jy is tot baie meer in staat as wat jy glo of ooit van kan droom.”

Foto-erkenning: Mail & Guardian

More articles

Volhoubaarheid-studente illustreer sosiale entrepreneurskap

GSSA vereer US-studente vir 2021 se beste MSc-tesis en honneurstesis in aardwetenskappe

US skitter op jongste wêreldranglys vir akademiese vakke

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!