Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Mandela Dag-fondsinsamelingsveldtog: Bemagtig gesondheidswetenskappestudente

Ons is baie opgewonder oor die US se Mandela Dag-fondsinsamelingsveldtog – ’n besondere inisiatief met die oogmerk om studente in die gesondheidswetenskappe op te hef en te ondersteun. Hierdie veldtog onder leiding van die toegewyde prof Karin Baatjes, Visedekaan: Onderrig en Leer aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, is daarop gemik om ’n blywende impak in die lewe van voornemende gesondheidsorgwerkers te maak.

Nadat ons vorige skuldverligtingsveldtog ’n ongelooflike R67 000 – ver bo die teiken – ingebring het, staan ons weer almal saam om ’n nog groter golf positiewe verandering op te bou.

Geleentheid 1: Stil veiling vir gesondheidswetenskappestudente

Maak gereed om meegevoer te word deur ’n eksklusiewe stil veiling wat lig werp op die uitdagings waarvoor studente in die gesondheidswetenskappe te staan kom. Hierdie besondere individue is vasberade om ’n verskil in die wêreld van gesondheidsorg te maak, en jou ondersteuning kan hulle help om hulle doel te bereik. Die veiling – met ’n fondsinsamelingsteiken van R67 000, as simbool van Nelson Mandela se 67 jaar uitsonderlike diens aan die samelewing – open op Mandela Dag, 18 Julie, en hou tot 1 Augustus aan.

Stel jou voor hoe jy op beperktevrystellingwyne met geagte wynmakers se handtekening bie, jou in ’n wegbreeknaweek verlustig of ’n meesterstuk deur welbekende kunstenaar dr Owen Wiese besit … Dit is net ’n paar van die aanloklike items wat op jou bod wag. Jy kan ook uitsien na ’n onvergeetlike gastronomiese belewenis by Reuben’s Restaurant & Bar in Franschhoek, waar jy geleentheid sal hê om saam met Suid-Afrikaanse bekendes te kuier.

Deur aan die stil veiling deel te neem, kry jy nie net die kans om buitengewone kopies te maak nie, maar kan jy ook tot die sukses van verdienstelike mediese studente bydra. Jou bodbedrae en donasies sal kragtige ondersteuning bied wat hierdie studente in staat stel om hulle drome na te streef sonder finansiële druk op die koop toe.
Plaas jou bod hier.

Geleentheid 2: Kookervaring met Reuben Riffel

Aandag, alle kos-entoesiaste en aspirant-tuissjefs! Ons is in ons noppies om op 1 Augustus ’n eksklusiewe kookervaring in vennootskap met sjef Reuben Riffel aan te bied. Betree die wêreld van sjef Reuben se kookkuns wanneer hy jou wys om ’n heerlike maaltyd in net 67 minute op te dis. Hierdie omvattende ervaring vind plaas in die kombuislaboratorium van die US Afdeling Menslike Voeding, wat met die voorste toerusting op die mark uitgerus is. Jy sal nie net kookkunsies leer nie, maar ook holistiese ondersteuning aan die Afdeling se studente bied.

Om jou reis in die kookkuns te verryk, verskaf Leopard’s Leap die perfekte pasmaatwyne om die hele belewenis daardie tikkie verder op te kikker. Benut gerus hierdie geleentheid en klits ’n atmosfeer van kameraadskap, leergierigheid en vrygewigheid op – alles terwyl jy die studente in die gesondheidswetenskappe ondersteun wat die toekomstige hartklop van ons gesondheidsorgstelsel is.

Sluit by ons aan op hierdie besondere reis van deernis, bemagtiging en gemeenskaplikheid. Jou deel vir die US se Mandela Dag-fondsinsamelingsveldtog sal ’n verskil in die lewe van verdienstelike studente maak en ’n onuitwisbare duimafdruk op die toekoms van gesondheidsorg laat. Ons kan ’n blinker toekoms bou, een student op ’n slag.

Merk dit op julle kalenders, versprei die woord en skud julle reg om deel van iets werklik uitsonderliks te wees. Saam kan ons drome in werklikheid omskep en hoop laat opvlam vir die professionele gesondheidsorgwerkers van môre.

Kaartjies is binnekort by Quicket beskikbaar. Hou ons dop en bly op hoogte!

More articles

Rekeningkundestudent klop gehoorgestremdheid en SAIGR-eksamen

Relaxation and rejuvenation of the soul

Ontspanning en verfrissing van die siel

Ruim skenking gaan help om beter sorgoplossing vir beserings te ondersoek

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.