Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Uitnodiging na ’n vertoning Robert F. Kennedy

‘n Aspek van die Amerikaanse senator Robert F. Kennedy se besoek aan Suid-Afrika in Junie 1966 toe Apartheid op sy ergste was, en waarskynlik nie genoeg mediadekking ontvang het nie, was sy besoek aan Simonsberg-koshuis. Selfs terwyl hy deur Suid-Afrika getoer het, het die jong, belowende presidensiële kandidaat sy veldtog geslyp om die Withuis in die VS‑verkiesing van 1968 te haal, en sy verskyning by ‘n ander “Withuis” – dié een in Stellenbosch – is met dawerende applous begroet.

Die verhaal van Simonsberg is nie volledig sonder dat hierdie verhaal van Bobby Kennedy en sy onuitwisbare nalatenskap vertel is nie. Sy besoek aan die “Withuis” op 7 Junie 1966 bly een van die belangrikste gebeurtenisse in die geskiedenis van die koshuis, en dit is tot vandag toe ‘n bron van trots vir vele Simonsbergers.

In die tweede episode van ons alumni-reeks MATIE LEGENDS AND PIONEERS deel die joernalis en vervaardiger Bun Booyens hierdie verhaal in gesprek met Jan Louw, die koshuishoof dr Leslie van Rooi, en die studente van die koshuis.

Hierdie episode word aangevul deur argiefmateriaal wat nog nooit vantevore gesien is nie, sowel as onderhoude deur filmmakers Larry Shore en Tami Gold, die vervaardigers van die 2009-dokumentêre film RFK In the Land of Apartheid: A Ripple of Hope, wat tans op Amazon Prime gestroom word.

Die beeldmateriaal behels omvattende onderhoude met die 1966‑Primarius van Simonsberg, wyle Willem van Drimmelen. Verdienstelike krediet word aan Van Drimmelen gegee, wat die besoek gefasiliteer en in die voorafgaande weke met Kennedy gekorrespondeer het. Dit is wonderlik om te sien hoe Willem in ons video, onder regie van Jo Higgs, sy herinneringe in daardie kenmerkende baritonstem deel.

Tragies genoeg is Robert F. Kennedy op 6 Junie 1968 vermoor, nagenoeg twee jaar ná die dag van sy besoek aan Simonsberg. Alhoewel hierdie Kennedy nooit die Withuis in die VS bereik het nie, het sy besoek aan ons “Withuis” en aan Suid-Afrika ‘n beduidende impak gehad deur die saadjies te plant vir die veranderinge wat baie jare later tot stand sou kom.

Dertig jaar ná Bobby Kennedy se besoek aan Suid-Afrika, het sy vrou Ethel en ander gesinslede teruggekeer vir ‘n besoek, en dit is nog ‘n interessante verhaal, soos vertel in ons video deur Norman Cilliers (Primarius in 1995/96 en die neef van Willem van Drimmelen).

Ons hoop jy geniet hierdie episode, getiteld “Robert F. Kennedy en die Ander Wit Huis”, wanneer jy by ons aansluit vir die aanlyn vertoning op Dinsdag 17 Mei om 18:30 SAST.
Ons kom ook die aand in die eetsaal van Simonsberg bymekaar vir dié van julle wat dit persoonlik kan bywoon.

RSVP: Vir die aanlyn vertoning of om te RSVP vir die fisiese bywoning van die geleentheid stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za.
TYD: 18:00 vir 18:30
Vir meer inligting, e‑pos gerus alumni@sun.ac.za.

Jy word uitgenooi om die eerste episode van ons MATIE LEGENDS AND PIONEERS-reeks, die onderhoud met Morné du Plessis, hier te kyk.
Klik hier om jou kontak asook intekening inligting te bestuur.

More articles

Prof Thuli Madonsela in gesogte VN pos aangestel

#Matieland: Open deure vir vroue in die wetenskap

#SUgrad: Oor mislukking, vertroue en ons gedeelde menslikheid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!