Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Oudregter Sisi Khampepe aangestel om onafhanklike kommissie van ondersoek na bewerings van rassisme by US te lei

Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), prof Wim de Villiers, het aangekondig dat oudregter Sisi Khampepe as kommissaris aangestel is om die onafhanklike ondersoek na bewerings van rassisme by die Universiteit Stellenbosch te lei.

Oudregter Khampepe sal aanbevelings aan die Rektor doen om die US by te staan om sy kultuur van diversiteit, billikheid en insluiting ten opsigte van rassisme te verbeter, ten einde die waardigheid en selfwaarde van alle studente en personeel te beskerm en te bevorder.

Die kommissie sal die volgende oorweeg:

  • Voorvalle van rassisme by die Universiteit, met verwysing na die onlangse voorvalle by Huis Marais en die Fakulteit van Regsgeleerdheid se Regsdans;
  • Die huidige stand van diversiteit, billikheid en insluiting binne die Universiteit se kampuskultuur, met spesifieke verwysing na rassisme;
  • Gegewe die Universiteit se standpunt dat geen rassisme geduld word nie, of die huidige strukture van die Universiteit en die bestaande universiteitsbeleide, reëls en prosesse voldoende en doeltreffend genoeg is om die geleefde ervarings van studente en personeel ten opsigte van rassisme in al sy vorms aan te spreek; en
  • Verwante kwessies en bekommernisse wat uit die ondersoek kan voortspruit, insluitende die behoefte aan verdere ondersoek of oorweging van verwante kwessies.

De Villiers het gesê Khampepe het ‘n uitstekende professionele reputasie, waardevolle ondervinding en is iemand wie se integriteit onberispelik is.

“Ons is dankbaar dat iemand van oudregter Khampepe se kaliber haarself beskikbaar gestel het om die US by te staan met hierdie belangrike kommissie.

“Die US se standpunt is dat geen rassisme, diskriminasie, vooroordeel en geweld op kampus geduld word nie. Soos reeds gekommunikeer, wil ons bestaande maatreëls versterk en nuwe omvattende maatreëls instel om skendings te beveg en wil ons hierdie maatreëls op ‘n voortgesette grondslag verbeter. Die US se leierskap is sensitief vir die welstand van die hele studente- en personeelgemeenskap en die invloed wat sulke voorvalle op US-gemeenskap het.”

Die kommissie kan op eie diskresie enige bewyse wat op sy mandaat van toepassing is, ontvang van enigiemand en op enige manier soos bepaal deur die kommissaris. Dit kan die volgende insluit, maar is nie beperk nie tot: getuies wie se bewyse voorgelê sal word, ‘n uitnodiging vir geskrewe voorleggings van die kampusgemeenskap en enige ander aksies wat as nodig beskou word.

Die kommissie sal die ondersoek deur geslote verrigtinge onderneem ten einde vertroue in die ondersoek te skep en om openhartige deelname op ‘n breë grondslag aan te moedig. Die identiteit, ander persoonlike inligting en bewyse of getuies sal vertroulik gehanteer word.

Die kommissie sal na verwagting teen middel Junie met sy werksaamhede begin.

Die verslag met sy bevindings en aanbevelings sal op ‘n datum soos ooreengekom tussen die Universiteit en die kommissie aan die Rektor en Visekanselier voorgelê word.

Alle medianavrae wat met hierdie kommissie van ondersoek verband hou en ander verwante kwessies sal deur die Universiteit hanteer word.

Professionele loopbaan

Oudregter Sisi Khampepe behaal in 1982 haar LLM-graad aan die Harvard Regskool, Massachusetts, VSA.

Nadat sy in 1985 as prokureur toegelaat is, stig sy haar eie regsfirma onder die naam SV Khampepe Prokureurs. Haar regsfirma, wat een van net ‘n paar swart arbeidsregsfirmas in die land was, staan veral bekend vir die verdediging van die regte van werkers teen onregverdige wette en onregverdige arbeidspraktyke. Sy verteenwoordig ook ander menseregteliggame soos smouse, burgerlike organisasies en swart verbruikersvakbonde wat by Nactu- en Cosatu- geaffilieerde vakbonde. Sy was ook die nasionale regsverteenwoordiger vir die SACAWU-administrateur van vakbondfondse in FIET en ICFTU.

In 1995 stel wyle President Nelson Mandela haar as ‘n Waarheids- en Versoeningskommissaris aan en in die jaar daarna dien sy as ‘n lid van die WVK se Amnestiekomitee. Sy is toe deur die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling aangestel die nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging, ‘n pos wat sy van September 1998 tot Desember 1999 beklee.

Sy word in Desember 2000 as ‘n regter in die Hooggeregshof aangestel.

Ander hoogtepunte in haar luisterryke regsloopbaan sluit ‘n aanstelling in 2005 deur voormalige president Thabo Mbeki as voorsitter van die kommissie van ondersoek in oor die mandaat en ligging van die Direktoraat van Spesiale Operasies (die Khampepe-kommissie).

Sy was ook ondervoorsitter van die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste van 2005 tot April 2010.

In Oktober 2009 word sy as ‘n regter in die Konstitusionele Hof aangestel. Oudregter Khampepe het in Oktober 2021 afgetree.

Bron: https://www.concourt.org.za/index.php/judges/current-judges/13-current-judges/78-justice-sisi-khampepe 

More articles

Rapport redakteur spreker by jaarlikse Konvokasievergadering

US stewig oppad na netto nul met die bekendstelling van sy Omgewings-volhoubaarheidsplan

THINK-bank ”n tydige toevoeging’ tot veranderende US-landskap

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!