Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Thuli Madonsela in gesogte VN pos aangestel

Die Universiteit Stellenbosch (US) is trots om aan te kondig dat prof Thulisile “Thuli” Madonsela, direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid by die Fakulteit Regsgeleerdheid, aangestel is as ‘n eksterne lid van die Verenigde Nasies (VN) se Wetenskaplike Raad vir Onafhanklike Advies oor Deurbrake in Wetenskap en Tegnologie.  

Dié gesogte aanstelling deur die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, dui op erkenning vir Madonsela se uitsonderlike bydraes tot sosiale geregtigheid, konstitusionalisme, menseregte, goeie bestuur en die oppergesag van die reg. Die aanstelling is gemaak as deel van die Raad se inisiatief om die rol van die VN as ‘n betroubare bron van data en wetenskaplike praktyke te versterk, en om onafhanklike insigte te verskaf oor die interseksie van die wetenskap, tegnologie, etiek, bestuur en volhoubare ontwikkeling. “Wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang kan pogings versterk om die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling (SDG’s) te bereik – maar dit gee ook aanleiding tot etiese, wetlike en politieke hoofbrekens wat multilaterale oplossings vereis,” het Guterres gesê. “My Wetenskaplike Adviesraad sal die rol van die Verenigde Nasies as ‘n gesaghebbende bron van data en bewyse versterk, en raad aan my en my senior bestuurspan verskaf.” 

Madonsela sê sy was verbaas toe sy aanvanklik genader is oor die pos aangesien sy nie ‘n wetenskaplike is nie. “Ek is diep geëerd en nederig om deel te wees van die VN se Wetenskaplike Adviesraad. Hierdie aanstelling beklemtoon die belangrikheid van die bevordering van samewerking tussen die wetenskaplike gemeenskap en besluitnemers asook die aanspreek van die komplekse morele, sosiale en politieke uitdagings wat die snel-veranderende wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang van ons tyd meebring,” sê sy. “Dit is ‘n pluimpie vir die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid aan die US dat ons werk deur VN raakgesien is. Dit is my hoop en oortuiging dat hierdie aanstelling ons Sentrum se pogings om sosiale geregtigheid-beginsels in alle beleidskwessies aan te vul en te versterk, terwyl interdissiplinêre samewerking – veral tussen die reg, wetenskap en tegnologie – ook bevorder sal word. Ek glo dit is ook goed vir ons Universiteit, ons land en kontinent.”

Prof Wim de Villiers, US Rektor en Visekanselier, sê dié gesogte rol is ‘n bewys van Madonsela se aansienlike bydrae tot die dissiplines van die reg, menseregte en goeie regeringspraktyke. “Haar toewyding en onvermoeide pogings om sosiale geregtigheid te bevorder, veral deesdae as direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, het ‘n groot impak internasionaal. As ‘n Universiteit is ons baie trots op haar vir hierdie prestasie. Ons sien uit na haar onskatbare bydraes om wêreldwyd ‘n wesenlike verskil te maak,” sê De Villiers. 

  • ​Lees die Verenigde Nasies se verklaring ​hier​​.

More articles

#Action4Inclusion: Baie dankie vir julle vrygewige donasies

Prof Thuli Madonsela ontvang toekenning van regsopvoeders vir lewenslange prestasie

Helderberg: 2021 Reünie

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!