Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Raak hierdie Mandeladag betrokke

Die Afdeling Sosiale Impak, die Transformasiekantoor, Menslike Hulpbronne: Personeelgesondheid en ‑welwees, die Taalsentrum, die onderskeie studentegemeenskappe en die Studenteraad nooi die studente- en personeelgemeenskap van die Universiteit Stellenbosch (US) uit om te besin oor, deel te neem aan en met ons mee te werk terwyl ons (1) die behoefte aan volhoubare voedselomgewings op ons kampus beklemtoon; en (2) die noodsaaklike verband tussen personeel- en studentewelstand en aktiewe burgerskap uitlig.

Klik hier om die kommunikasie vrygestel op 26 Junie  te lees vir meer inligting

30 Junie – 21 Julie

Fakulteite, departemente, en omgewings word aangemoedig om tot en met 14 Julie 2023 bokse of trollies vol te pak ter ondersteuning van studentewelstand. Items kan die volgende insluit:

Toiletware Voedsel (niebederfbaar) Ander
  • Tandepasta
  • Tandeborsel
  • Seep
  • Waslap
  • Sanitêre produkte
  • Sjampoe
  • Sweetweerder of deodorant (spuit/aanrol)
  • Lyfroom
  • Toiletpapier
  • Mieliemeel
  • Rys
  • Pasta
  • Sardyne
  • Tuna
  • Boeliebief
  • Bone
  • Kekerertjies
  • Gemengde bone
  • Lensies
  • Gebakte bone
  • Suikermielies
  • Tamatie‑en‑uie‑mengsel/‑sous
  • Chakalaka
  • Gemengde groente
  • Cook‑In Sauces
  • Grondboontjiebotter
  • Hawermoutpap
  • Kitsnoedels
  • Koffie
  • Tee
  • Suiker
  • Langlewemelk
  • Water
  • Konfyt
  • Weet‑Bix
  • Brood
  • Kitssop
  • Sjokolade
  • Kombers
  • ‘n Bietjie aanmoediging
  • Waspoeier
  • Leesboek

 

 

Fakulteite, departemente, en omgewings wat ‘n finansiële bydrae tot die saak wil maak, kan sodanige interne verbintenisse vergemaklik deur kostepunt R6771 en die verwysing “Mandela Dag” te gebruik. Die fondse word gekonsolideer en aangewend vir die aankoop van die items wat in die tabel gelys word. Vir meer inligting kontak mnr Adean Schippers by schippers@sun.ac.za of me Shibu Mamabolo by shibu@sun.ac.za

Die kontakpersone en aflaaipunte is soos volg:

Stellenboschkampus

  • Die Afdeling Sosiale Impak, Banghoekweg, Ou Lückhoff Skoolgebou. Kontak: Mnr Chevaan Peters by chevaan@sun.ac.za.
  • Die Taalsentrum. Kontak: Me Cheryl Cornelissen by cherylc@sun.ac.za.
  • Die Departement Informasietegnologie. Kontak: Me Mariana Fourie by mpv@sun.ac.za.
  • Menslike Hulpbronne: Personeelgesondheid en ‑welwees. Kontak: Mnr Adean Schippers by schippers@sun.ac.za of me Shibu Mamabolo by shibu@sun.ac.za.
  • Die Fakulteit AgriWetenskappe, JS Marais‑gebou, Kamer 1033. Kontak me Monika Basson by mh@sun.ac.za.
  • Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens. Kontak: Mnr Jeremiah Pietersen by jeremiahp@sun.ac.za.

Tygerbergkampus

  • Kontak: Mnr Timilehin Aderibigbe by timilehin@sun.ac.za of me Isabella Turner by 22904131@sun.ac.za.
  • Biblioteek vir Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Kontak: Mnr Jeremiah Pietersen by jeremiahp@sun.ac.za.

25 Julie – Personeel- en studentewelstandervaring

Plek: Endler Foyer

Tyd: 11:00vm – 14:00nm

‘n Welswees‑ervaring vir personeel en studente is van 11:00 tot 14:00 beskikbaar. Dit behels ‘n interaktiewe sifting waar kernliggaamsmetings en bloedtoetse uitgevoer word. Welwees‑siftings is belangrik aangesien ‘n mens jou huidige gesondheids‑ en lewenstylrisiko’s kan bepaal en raad kan bekom oor hoe om die geïdentifiseerde risiko’s te hanteer.

In ‘n poging om ons te help om ‘n aangename ervaring te verseker, dui asseblief jou belangstelling aan deur hier te klik of bespreek nou jou sitplek vir die Discovery Welsweeservaring.

Al wat jy moet weet

  • Bring jou mediesefondskaart en ID of rybewys saam
  • Trek gemaklik aan – vir sommige ondersoeke moet jy kaalvoet wees (geen sokkies of kouse nie)
  • Vul die voorafassesseringsvraelys in voor jy die Discovery Welweeservaring bywoon. Jy sal ʼn skakel na die vraelys saam met jou besprekingsbevestiging ontvang.

Studentewelstand

Vanaf 12:30 tot 13:30 lewer die Direkteur: Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, mnr. Charl Davids, ‘n kort boodskap aan personeel en studente ter ondersteuning van welwees en word die vul-‘n-boks-/trollie-inisiatief bekend gestel wat die voedselonsekerheid van studente op US‑kampusse wil verlig.

25 Julie – BASK (Baccalaureus Artium Studentekomitee) se Toebroodjie‑veldtog

Die Baccalaureus Artium Studentekomitee in samewerking met die Rampeenheid van die Stellenbosch Munisipaliteit gaan 67 minute lank 67 hoendermayonnaise‑toebroodjies berei. Die studente verpak die toebroodjies en lewer dit by kwesbare persone af.

Die toebroodjie‑veldtog vind by die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou plaasvind. Kontak me Eyethu Mbele by 24950467@sun.ac.za vir meer inligting.

26 Julie – Brei kring (Tygerbergkampus)

Van 12:00nm tot 16:00nm bied Tygerberg Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Biblioteek ‘n brei kring aan wat items ter herdenking van Nelson Mandela gaan brei. Kontak mnr Jeremiah Pietersen by jeremiahp@sun.ac.za of mnr Timilehin Aderibigbe by timilehin@sun.ac.za vir meer inligting.

26 Julie – Mandeladaglesing (Transformasiekantoor)

Van 17:00nm tot 19:30nm bied die Universiteit Stellenbosch Museum die Transformasiekantoor se Mandela Dag-lesing aan, met die hoofrede deur prof. Thuli Madonsela

Vanaf 17:00nm – 19:30nm by die Stellenbosch Museum, sal die Transformasiekantoor die Mandeladag-lesing aanbied, met die hoofrede deur prof. Thuli Madonsela “Om voedselonsekerheid by die Universiteit Stellenbosch te oorkom”. Klik hier om te RSVP.

Vir meer inligting en navrae kontak me Shanté Neff by shante@sun.ac.za

27 Julie – Red Lewens Skenk Bloed

Plek: Langs VV Saal by die Neelsie

Personeel en studente word uitgenooi om langs die VV Saal by die Neelsie 27 Julie, van 09:00vm – 16:00nm, te gaan bloed skenk ten einde die bloedbanke aan te vul en lewens te red. Kontak me Nicky Adams by nadams@sun.ac.za vir meer inligting.

MEER MANDELA DAG AKTIWITEITE

Afdeling: Inligtingstegnologie

Die IT-afdeling het vir ‘n tydperk van 12 maande vir Lisa Educentre geïdentifiseer, ‘n spesiale behoefteskool wat hulle sal ondersteun. Skenkings sluit in, maar is nie beperk nie tot skryfbehoeftes, kuns- en kunsvlytitems en jou tyd (Tegniese Ondersteuning).

Vir meer inligting oor ondersteuning wat nodig is, kontak amandaje@sun.ac.za of sumelambrechts1@gmail.com

Die Tygerberg-spensprojek

Die verskillende koshuisspense op kampus vorm die ruggraat van korttermynvoedselsekerheid vir die Tygerberg-kampusstudente. Hierdie spens bied kos aan hulpbehoewende studente en word deur toegewyde huiskomiteelede bestuur.

Die Tygerberg-spensprojek dra by tot hierdie poging deur die koshuisspense te ondersteun met bykomende produkte wat ingesamel word deur skenkingsveldtogte. Hierdie samewerkingspoging verseker ‘n noemenswaardige stap in die regte rigting om voedselsekuriteit op Tygerbergkampus te verseker

Indien jy belangstel om betrokke te raak en vir meer inligting, kontak vir me. Isabella Turner by 22904131@sun.ac.za

Save the Date Banner (Final) V.2.jpg

More articles

Universiteite in gesprek oor transformasie

#WomeninBusiness: Waarom Vrouedag dalk van min waarde is

#Train4Fees: Springbokke, alumni en ondersteuners samel fondse in

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!