Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Rekeningkundestudent klop gehoorgestremdheid en SAIGR-eksamen

Universiteitslewe vir ‘n eerstejaar rekeningkundestudent is skrikwekkend genoeg, maar toe Mila Ottavini nog ook met ‘n gehoorgestremdheid gediagnoseer is, kon sy óf toelaat dat dit haar onderkry óf dit in die gesig staar. Sy kies toe die laasgenoemde en is nou goed op pad om haar droom te verwesenlik om ‘n geoktrooieerde rekenmeester te word nadat sy die onlangse aanvanklike bevoegdheidstoets (ABT) van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) met lof geslaag het.

Ottavini, wat in 2019 met haar BRekeningkunde studies aan die Skool vir Rekeningkunde begin het nadat sy sewe onderskeidings in haar matriekjaar behaal het, het besef daar is fout toe sy sukkel om haar dosente duidelik te hoor. Dit het daartoe gelei dat sy ‘n paar toetse in haar eerste jaar gedruip het.

“Ek het nooit besef dat ek ‘n gehoorprobleem het nie. Op hoërskool was die klaskamers klein met minder mense en ek kon goed hoor. Die universiteitslesingsale was groter en luidrugtiger en skielik kon ek my dosente nie behoorlik hoor of verstaan nie. Dit het vir my moeilik geword om spraak van geraas te onderskei.”

Sy het toe ‘n oor-, neus- en keelspesialis gaan sien wat letsels op haar oordromme gevind en haar na ‘n oudioloog verwys het. Dit is toe dat hulle ‘n groter probleem gediagnoseer het – sy ly aan gehoorverlies.

“Dit was ‘n moeilike tyd vir my. Ek het sosiaal angstig geword en myself begin afsonder omdat ek gedink het dat mense my anders sou begin behandel. Maar nadat ek met my gehoorapparate toegerus is en ‘n lewensafrigter begin sien het, het ek besef ek sal veel eerder elke klank wil hoor as om bekommerd te wees oor ander mense en wat hulle van my dink.

“Ek het ook besef dat ek meer moeite moet doen om te konsentreer in die klaskamer. Gedurende my eerste jaar kon ek weens my gehoorgestremdheid nie regtig in die klas leer nie. Toe ek met my gehoorapparate toegerus is, het ek besef dat die klaskamer die beste en belangrikste leergeleentheid is. Ek het geleer om die beste van my klaskamertyd te maak deur vrae te vra, nuttige aantekeninge te maak en te sorg dat niks my aandag aflei nie. Ek het besef dat wat vir my belangrik was, was om die werk ten volle te verstaan en die bekwaamste weergawe van myself te word. Dit het my geïnspireer om regtig om te gee vir die werk wat ek studeer en seker te maak dat my begrip daarvan na die werkplek oorgedra kan word.”

Sy sê haar dosente het ook ‘n groot rol gespeel om haar te help om haar struikelblokke te oorkom.

“Ek het ongelooflike dosente gehad wat my bygestaan het toe ek die eerste keer met my gehoorapparate toegerus is. Die vriendelikheid en sorg wat ek van hulle ontvang het, was oorweldigend en ek sal altyd dankbaar wees daarvoor.”

Ottavini het voortgegaan om in 2021 ‘n gemiddelde van 73,5% vir die finale jaar van haar voorgraadse studies te behaal. Dit het haar die selfvertroue gegee om die volgende jaar vir ‘n Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NGDR) in te skryf.

“Die NGDR is die moeilikste jaar vir enige student wat ‘n geoktrooieerde rekenmeester wil word. Maar so uitdagend soos dit was, het dit my laat besef tot wat ek in staat is en hoe lief ek is vir wat ek doen. Ek het nog nooit soveel van myself en die lewe geleer as in my NGDR-jaar nie.”

So toe sy in Januarie vanjaar SAIGR se ABT-eksamen geskryf het, was dit dus geen verrassing dat sy daarin geslaag het om so ‘n merkwaardige prestasie te behaal nie, ‘n prestasie wat sy haar “wonderwerk aan die einde van ‘n lang seisoen met baie heuwels en valley” gedoop het.

“Om die ABT met lof ((75% of hoër) te slaag, was vir my ‘n absolute verrassing, want dit was nie iets waarna ek noodwendig gestreef het nie. My doel was altyd om my bes te doen en om bekwaam genoeg te wees wanneer ek die werkplek betree. Toe ek hoor dat ek met lof geslaag het, was dit ‘n verligting omdat ek uiteindelik die vrugte kon pluk van al die harde werk en opofferings oor die jare. Alle eer aan God wat my van die begin van my studies tot hierdie oomblik van sukses so getrou bygestaan het.”

Ottavini is tans besig met haar klerkskap by PricewaterhouseCoopers en sal volgende jaar haar finale SAIGR-eksamen aflê voordat sy as ‘n GR(SA) (Geoktrooieerde Rekenmeester van Suid-Afrika) kan kwalifiseer.

“Ek weet daar is soveel meer in die vooruitsig vir my. Dit maak my opgewonde dat, ongeag die heuwels en valleie wat ek op my pad sal moet trotseer, ek geskape is om sterk en vreesloos te wees en dat daar nog soveel wonderwerke is wat die toekoms vir my inhou,” sê sy.

  • Skrywer: Daniel Bugan

More articles

Oudregter Sisi Khampepe aangestel om onafhanklike kommissie van ondersoek na bewerings van rassisme by US te lei

‘Netto-positiewe’ Matie wil Rhodes-beurs by Oxford gebruik om wêreld beter te maak

Ontmoet die nuwe voorsitter van die US Raad: Dr Nicky Newton-King

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!