Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Russel Botman-beursfonds ‘skep geleenthede vir volgende generasie’

Wyle prof Russel Botman, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), was passievol daaroor om geleenthede te skep vir verdienstelike studente. En dit is hierdie nalatenskap wat die US en sy gesin eer deur middel van die Russel Botman-beursfonds (RBBF) met die hulp van vrygewige skenkers.

Die Botman-beursfonds is in 2013 op prof Botman se 60ste verjaardag op die been gebring, toe hy vir donasies in plaas van geskenke gevra het. Die beursfonds het sedert sy totstandkoming beurse aan meer as tien studente beskikbaar gestel. Die beurs is in 2016 vir die eerste keer aan drie studente toegeken en in 2019 het altesaam nege studente finansiële steun ontvang.

“Ek hoop dat ons die getal RBBF-studente voortdurend kan verhoog, hoewel dít slegs moontlik is met meer skenkings. Ek hoop dat diegene wie se lewens hetsy direk of indirek deur my pa se werk en pogings geraak is gereelde skenkers sal word om sodoende ook vir ánder te help hoop skep deur die onderwys,” sê prof Botman se dogter Roxanne.

Roxanne dien op die RBBF-komitee saam met haar ma, dr Beryl Botman as voorsitter en prof Xolile Simon van die Fakulteit Teologie.

Ter ere van prof Botman se verjaardag op 18 Oktober bied die Fakulteit Teologie weer sy jaarlikse Russel Botman-gedenklesing by die Attie van Wijk-ouditorium aan. Vanjaar se lesing vind op Donderdag 17 Oktober plaas. Die hoofrede word gelewer deur dr Setri Nyomi, voormalige sektretaris-generaal van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke. Die tema is “Geregtigheid vir almal? Die tyd vir verandering is nou!“ Prof Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die US, sal die respons lewer.

“Dit is vyf moeilike jare sedert Russel se dood, maar ek is dankbaar dat ons sy nalatenskap deur die Russel Botman-beursfonds kan voortsit. Ek wil almal bedank wat ‘n finansiële bydrae gemaak en sodoende die studente se lewens ten goede verander het. Danksy jou ruimhartige ondersteuning, skep hierdie fonds geleenthede vir ons volgende generasie,” sê dr Beryl Botman.

As jy ‘n bydra tot die Russel Botman-beursfonds wil maak – die besonderhede vir direkte betalings is:

Standard Bank
Rekeningnommer 07 300 695 5
Takkode 05 0610
Verwysing: Botman

Alternatiewelik kan jy ‘n bydrae op ons GivenGain-bladsy maak: www.givengain.com/cc/rbbf/

Besoek www.russelbotman.com vir meer inligting oor die beursfonds.

More articles

Ware Kampioene

US se rassisme-ondersoek onderweg ná aanvanklike skorsing

#Action4Inclusion: Baie dankie vir julle vrygewige donasies

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!