Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ses nuwe alumni-takke by Matie-netwerk gevoeg

Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge bring Maties byeen waarookal hulle hulself in die wêreld bevind.

In Februarie vanjaar het die Afdeling, in samewerking met Matie-vrywilligers, vier nuwe hubs en takke in Suid-Afrika van stapel gestuur om alumni met uiteenlopende belangstellings, ambisies en vanuit verskeie industrieë die geleentheid te bied om met mekaar kontak te maak, herinneringe te deel en die band met hul alma mater te versterk.

Die nuut gestigte takke is in Pietermaritzburg en Durban wat deel van die KwaZulu-Natal Alumnihub vorm en die Oos-Londen- en Gqeberha-takke wat deel van die Oos-Kaapse Maties Alumnihub is. In 2021 is nuwe hubs en takke in Pretoria, Johannesburg, die Suidelike Voorstede en Noordelike Voorstede van Kaapstad, Elgin en Gansbaai gestig en daar is nog meer in die pyplyn.

Volgens Ferdi van Dyk, Alumnibetrekkinge koördineerder by die US, sal hubs en takke in die komende maande in Stellenbosch, Paarl, die Weskus en die Atlantiese kusgebied bekend gestel word. “Ons het egter Matie-vrywilligers nodig om die momentum aan die gang te hou en ons doen ‘n beroep op enige Matie om ons te kontak indien hulle bereid is om by enige Alumnihubs en -takke betrokke te raak.”

Van Dyk verduidelik: “Alumnihubs is die oorhoofse groep van ‘n spesifieke streek, terwyl takke binne kleiner gebiede binne die groter streek georganiseer word. Ons het byvoorbeeld die Oos-Kaapse Maties Alumnihub, maar omdat hierdie streek so groot is en Maties oral in daardie provinsie versprei is, bestaan die hub uit kleiner takke soos Gqeberha en Oos-Londen.”

Terwyl talle internasionale alumni-geleenthede oor die afgelope 10 jaar en meer aangebied is, word daar ook beplan om takke in Nederland, België, Parys, Noorweë, Finland, Duitsland, Switserland, Denemarke en Swede bekend te stel. Londen, Oxford en Dublin is almal bedrywige Matie-netwerke en Hongkong het nou al ‘n paar jaar ‘n klein maar toegewyde tak.

Washington DC en Denver se Maties Alumni-takke is ook onlangs bekend gestel. In die Verenigde State toon die volgende takke groei: New York City, Los Angeles, San Francisco, Seattle, Boston en Kansas City; terwyl die takke in Kanada – Toronto, Vancouver en Calgary – ietwat ontspoor is tydens COVID, maar nietemin die afgelope vier jaar funksioneer.

Karen Bruns, Senior Direkteur van Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die US, sê die Matie-netwerk skep geleenthede vir alumni om Matie-kundigheid vanuit verskeie professionele sektore te benut. “Hierdie hubs en takke maak deure oop en skep netwerkgeleenthede vir alumni in die besigheidswêreld, smee blywende vriendskapsbande met ander alumni in ‘n spesifieke area en dien as ‘n platform ​waar enige nuwe alumnus/a gewaarborg is van vriendelike gesigte asook goeie advies, veral as hulle hulself in ‘n onbekende omgewing bevind.”

Tans is daar ‘n netwerk van alumni-strukture in meer as 25 sentrums regoor die wêreld. Talle sosiale geleenthede, denkleierskap en professionele ontwikkelingsprogramme word elke jaar nasionaal, internasionaal en aanlyn via hierdie netwerke aangebied. Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (in Engels SWAN) en die Jong Alumni-Program (YAP) is beide opwindende vlagskipprogramme wat in elk van die hubs en takke geïnkorporeer is.

Maties wat graag ‘n hub of tak in hul area wil stig of by een wil aansluit, kan ‘n e-pos stuur na alumnihubs@sun.ac.za. Die US Alumni Betrekkinge-span is slaggereed om vanuit die staanspoor hulp en ondersteuning te bied.

  • Besoek https://www.matiesalumni.com/ vir ‘n lys van hubs of takke in jou area​.
  • Klik hier vir foto’s van ons bekendstellingsgeleentheid in Oos-Londen.
  • Klik hier vir foto’s van ons bekendstellingsgeleentheid in Durban.​

More articles

‘Dis eienaarskap, eerder as leierskap,’ sê Rassie

CFA-loopbaan wink vir VGP-gegradueerde Roseline

Alumna sien uit om ‘lewens ten goede te beïnvloed’

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!