Prof Madonsela en die voorsitter van die Studenteraad (SR), Xola Njengele, gaan op Saterdag, 28 November 2020, voor stap op ʼn staproete in Idasvallei, met die Rustenberg Wines as beginpunt, stap deur die Idasvallei-gemeenskap tot by Banhoek Conservancy en Bartinney Tasting Shed as die eindpunt.
Hierdie geleentheid maak deel uit van die #Action4Inclusion-veldtog, ʼn studentebefondsingsinisiatief wat die SR en prof Madonsela vroeër vanjaar op die been gebring het in ʼn poging om te verseker dat geen student as gevolg van finansiële omstandighede agterbly nie.
Die Pniel-stapuitdaging wat aanvanklik geskeduleer is, is tot 2021 uitgestel. Al die geld wat met hierdie staptog ingesamel word, sal aangewend word om die skuld van studente uit werkers- en middelklasinkomstehuishoudings wat sukkel om hulle klasgeld te betaal, te delg.
Oor die veldtog het Madonsela die volgende op die hart gehad: “Daar is nie woorde om die volle omvang van ons dankbaarheid uit te druk vir die oorweldigende steun wat ons van die publiek gekry het vir ons #Action4Inclusion om studenteskuld uit te wis nie.
Ons volgende inisiatief is ʼn stapuitdaging – ʼn #walkathon – in Idasvallei, Stellenbosch, op Saterdag, 28 November 2020.”
Kaartjies vir die stapuitdaging kos R54 per persoon en kan bekom word deur dié bedrag in die volgende #ActionforInclusion-rekening in te betaal:
Bank: Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 05 06 10
Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch
Rekeningnommer: 073006955
Verwysing: R9861 (dui dit asseblief as verwysing aan)
Stuur die bewys van betaling asseblief aan socialjustice@sun.ac.za
Madonsela sê: “Ons maak staat op jou om by ons aan te sluit of ʼn skenking te maak aan #NoStudentLeftBehind.”
Vir diegene wat nie aan die beplande aktiwiteite kan deelneem nie, is daar die opsie om op die aanlyn platform vir skenkings, GivenGain, ʼn bydrae te maak. Alle bydraes word verwelkom, al is hulle hóé klein, en sal baie waardeer word.
Program: Stap-uitdaging
Datum: Saterdag, 28 November 2020
Begin: 07:30 – Rustenberg Wines in Idasvallei
Einde: 10:30 – Bartinney Tasting Shed
Die terrein is soos volg:
Teerpad: Sowat 500 m
Gruispad vir viertrekvoertuie: Ongeveer 7 km
Enkelpaadjie: Ongeveer 5 km
Baie min rotsagtige terrein.
Maak ‘n skenking op GivenGain: https://www.givengain.com/cc/action4inclusion/
VIR MEDIANAVRAE
Thembalethu Seyisi
socialjustice@sun.ac.za
072 785 3218