Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Thuli Madonsela se 300 km Pelgrimstog van Hoop: ’n Tree vorentoe vir inklusiewe opvoeding

Prof Thuli Madonsela, Direkteur van die Leerstoel vir Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch (US), is oorgehaal om te vertrek op ’n reis wat verder as liggaamlike toewyding strek. Sy gaan die bekende Pelgrimstog van Hoop aanpak, ’n 300 km-roete vanaf Stellenbosch tot Kaap Agulhas, om fondse vir die #Action4Inclusion-veldtog in te samel. Dié US-inisiatief het as oogmerk om registrasie vir alle studente te verseker deur hulle historiese skuld uit te wis.

Die Pelgrimstog van Hoop, ’n gewilde netwerk roetes in die Wes-Kaap, is nie net ’n lang staptog nie, maar ’n simbool van die epiese stryd wat baie Suid-Afrikaanse studente moet voer om toegang tot opvoeding te verkry. Die roete strek deur uiteenlopende landskappe en gemeenskappe, wat verdere betekenis tot Madonsela se onderneming voeg.

Die epiese stap begin oor die naweek van 19 en 20 Augustus 2023 en gaan dan voort in Oktober, vir 13 opeenvolgende dae. Die pelgrimgstog begin om 08:00 vanaf die Rynse kerk op die Braak in Stellenbosch, wanneer prof Thuli op Saterdag 19 Augustus 15 km tot in Pniel gaan stap. Die volgende dag hervat die tog om 08:00 vanaf die Pniel Museum en eindig na ’n 20 km-skof by die plaas La Provence naby Franschhoek. Hierdie ervaring word aangebied in samewerking met Visit Stellenbosch en die Pelgrimstog van Hoop.

Ons nooi ondersteuners en entoesiaste uit om by prof Thuli en ’n groep besielende leiers en entrepreneurs aan te sluit vir die loodsing van hierdie ambisieuse projek. As jy belangstel om deel te neem, is jy welkom om dit te doen, óf vir een van die dae óf vir albei.

Dit kos R600 per dag om deel te neem. Die bedrag sluit logistieke ondersteuning, ’n hoed, peuselhappies en ’n tradisionele roosterkoek vir middagete in. Ons verskaf ook vervoer terug na die vertrekpunt. Heel belangrikste: ’n Aansienlike deel van die fooi is regstreeks ten bate van die #Action4Inclusion-inisiatief.

Plekke is beperk, daarom raai ons jou aan om betyds by Quicket te bespreek as jy wil deelneem: skandeer die QR-kode op die reklamemateriaal of by hierdie skakel: https://qkt.io/Thuli

Elke tree wat prof Madonsela op hierdie reis neem, is ’n tree vorentoe na ’n toekoms waarin alle studente, ongeag hulle finansiële omstandighede, hulle opvoedkundige strewes kan vervul. #Action4Inclusion en die Pelgrimstog van Hoop getuig van die krag wat kollektiewe optrede het om kwessies van sosiale geregtigheid op te los.

Vir meer inligting, besoek gerus https://matiesalumni.com/action4inclusion/ of kontak:

Erns Grundling (Projek-koördineerder)

Email: katvis22@gmail.com

Cell: 076 971 0206

Jeanneret Momberg (Visit Stellenbosch)

Email: jeanneret@visitstellenbosch.org

Cell: 082 944 3868

More articles

Opvoeding ‘verskaf ‘n grondslag vir die toekoms’

‘n Billiker wêreld deur digitale insluiting

Pionierstudie van TB in renosters steun Kruger-wildtuin se bewaringspogings

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!