Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Universiteit Stellenbosch samel R8.1 miljoen in om studenteskuld te vereffen

Vir 166 gegradueerdes aan die Universiteit Stellenbosch (US) het die Desember-gradeplegtighede op ‘n ekstra hoë noot tot ‘n einde gekom. Danksy skenkings ten bedrae van R8.1 miljoen sal altesaam 82 nagraadse en 84 voorgraadse Maties hul volgende akademiese reis onderneem of die beroepswêreld sonder skuld betree.

“Ons het ‘n beroep op lojale skenkers van die Universiteit gedoen en het tot op hede R8.1 miljoen vir studenteskuld ingesamel. Ons is uiters dankbaar vir hierdie wonderlike ondersteuning. ‘n Gedeelte van die fondse sal aan nagraadse studente toegeken word en ‘n groot leemte vul wat deur NSFAS veroorsaak is toe befondsing vroeër vanjaar van onder meer die nagraadse onderwyssertifikaat en nagraadse regstudente gestaak is,” sê Karen Bruns, Senior Direkteur van die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge wat fondse vir die Universiteit insamel.

Skuld word toenemend die grootste struikelblok vir heelwat studente in die hoër onderwys, en sommige word gedwing om hul studie te laat vaar omdat hulle nie die studentegeld kan bekostig nie. “By die Universiteit Stellenbosch beloop die uitstaande skuld vir die graduandi van 2021 sowat R16,3 miljoen – wat altesaam 433 studente raak. Hierdie syfers sluit nie die skuld van staatsgefinansierde studente in nie – tans R13 miljoen vir 289 NSFAS-studente en R11 miljoen vir 106 Funza Lushaka-studente,” sê prof Stan du Plessis, Bedryfshoof aan die US.

“Een van die grootste risiko’s vir universiteite is onbetaalde studiegeld, en dié het in 2021 bly styg. In 2011 het studenteskuld in die sektor op R3.3 miljard te staan gekom, wat in 2020 tot R16.250 miljard gegroei het. ‘n Enkele student skuld by gradetyd gemiddeld meer as R30 000,” voeg hy by.

Volgens Du Plessis, wys die US jaarliks ‘n aansienlike gedeelte van die instansie se inkomste – afkomstig uit staatsubsidies en studentegelde – aan studentebeurse toe, maar die instelling ervaar toenemende finansiële druk omdat subsidies en fooi-inkomste ook onder druk is. “Beduidende bedrae uitstaande studenteskuld vererger ons kommer, aangesien ons nie sonder die vereiste reserwes skuld eenvoudig kan afskryf nie,” sê hy.

Bruns meen skuld beïnvloed gegradueerdes se vermoë om ‘n begin te maak in die volgende fase van hul lewens. “Ons het vaardige jongmense nodig om die werksomgewing te betree, om vir werk te kan meeding en om potensiële werkgewers van hul vermoëns te oortuig. Uitstaande skuld het ‘n nadelige invloed op hul geloofwaardigheid, moraal en selfvertroue.”

Sy sê die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge doen wat hy kan om studenteskuld te verlig as deel van die Universiteit se Jaarfonds, Bridge the Gap. “Die Jaarfonds het ten doel om die hindernisse tot studentesukses uit die weg te ruim — hindernisse soos voedselonsekerheid, befondsing vir vroulike higiëneprodukte en befondsing vir studente wie se gekose beroepe vereis dat hulle ‘n rybewys moet hê. Maar die grootste bron van kommer vir studente is skuld – uitstaande rekeninge wat registrasie en voortsetting van studie kan verhoed en die uiteindelike struikelblok – skuld by die tyd dat hulle gradueer.”

Fondse word ingesamel vir ‘n aantal inisiatiewe onder die Bridge the Gap-vaandel, onder andere #GradMe, #Action4Inclusion, #Zim4Zim en Caught in the Middle – met die fokus op die verligting van studenteskuld.

“Vir baie studente wat sukkel om die las van skuld te dra, is gradetyd dikwels bittersoet. Hierdie ruim bydraes van skenkers bied hulle nou die geleentheid om professionele loopbane te volg sonder finansiële druk wat soos ‘n skadu oor hulle en ‘n andersins blink toekoms hang,” sluit Bruns af.

Die Universiteit het in Desember 5 629 kwalifikasie by sy hibridiese gradeplegtighede toegeken. Dit sluit in ‘n rekord-getal van 677 meestersgrade – die meeste die afgelope 10 jaar.

  • Vir meer inligting oor Bridge the Gap en hoe jy betrokke kan raak klik hier. 

More articles

Wysigings in wetgewing nodig om wangedrag, onbevoegdheid van opvoeders beter te reguleer

Dr Carina Venter ontvang gesogte Iso Lomso-genootskap vir uitsonderlike akademieskap

Internasionale Dag vir Verpleegkundiges: Verpleegkundiges in langtermyn-versorgingsfasiliteite benodig verbeterde opleiding in medikasie en inligtingtegnologie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!