Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US en Visit Stellenbosch stap vir sosiale geregtigheid op Jeugdag

Die Universiteit Stellenbosch (US) en Visit Stellenbosch kondig graag aan dat vanjaar se aflewering van die Staptog vir Sosiale Geregtigheid van Stellenbosch tot op Pniel op 16 Junie sal plaasvind. Die staptog van 16km, die vierde sedert die inisiatief in 2020 bekend gestel is, maak deel uit van die skarefinansieringsveldtog #Action4Inclusion, wat studieskuld help vereffen en studente in staat stel om tot ons land by te dra. #Action4Inclusion is een van die prioriteitsinisiatiewe van die Universiteit se #BridgeTheGap, wat beoog om die tekort aan finansiële bystand vir tersiêre studente, veral die sogenaamde ‘ontbrekende middel’, te oorbrug en te sorg dat geen verdienstelike student agtergelaat word nie.

Almal is welkom
Die staptog begin om 08:00 by die Rynse kerk aan die Braak op Stellenbosch en eindig in Pniel. Die Universiteit nooi maatskappye, alumni, vriende van die US, studente en personeel én die wyer gemeenskap om die geleentheid mee te maak en inklusiewe onderwys te ondersteun.

US-deelnemers sluit in prof Thuli Madonsela, die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid; prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier; dr Nicky Newton-King, voorsitter van die US Raad, en Masilo Silokazi, voorsitter van die Studenteraad (SR).

“Die Staptog vir Sosiale Geregtigheid is ‘n buitengewone geleentheid om ‘n ander aspek van Stellenbosch saam met van die kernrolspelers op die dorp te ervaar,” sê dr Newton-King. “Die roete is fisies redelik uitdagend, maar is ook leersaam en insiggewend. Ek sien daarna uit om vanjaar as medeleier van die staptog op te tree.” Die SR-voorsitter moedig op haar beurt medestudente aan om deel te neem en ‘n tasbare verskil in die lewens van hulle portuur in nood te maak. “Wanneer mense se akademiese en professionele loopbane nie deur finansiële beperkinge aan bande gelê word nie, kan hulle akademies floreer en hulle ideale najaag,” sê sy.

Sinryke staptog
Die besluit om die staptog op Jeugdag aan te bied is op sigself betekenisvol. Die dag gedenk die gebeure van die Soweto-opstand in 1976, ‘n kernmoment in die stryd om vryheid en gelykheid in Suid-Afrika. Deur op dié dag te stap, eer die US dus die nagedagtenis van die jeug wat vir geregtigheid baklei het, en herbevestig die Universiteit sy verbintenis tot sosiale geregtigheid en inklusiwiteit.
Daarbenewens is die staptog ‘n belangrike brugbou-aktiwiteit en ‘n platform vir besinning oor Suid-Afrika se verdeelde verlede namate stappers by die oorblyfsels van gedwonge verskuiwing en slawerny verbystap. “Die Staptog vir Sosiale Geregtigheid spruit uit die US se strewe om ‘n sinvolle bydrae te lewer om die verdeeldheid van die verlede te oorkom en die samelewing te skep wat ons Grondwet beoog, naamlik een wat op sosiale geregtigheid, demokratiese waardes en menseregte gegrond is en waar elke burger se lewe verbeter en elke persoon se potensiaal ontsluit word,” sê prof Madonsela.

Deelname is gratis, maar deelnemers word aangemoedig om skenkings te maak op #Action4Inclusion se skarefinansieringsblad om tot die US se missie van inklusiewe onderwys by te dra.

Goeie vordering
Met #Action4Inclusion het die US al aansienlike vordering gemaak om studieskuld te help uitwis. Die veldtog het tot dusver 97 studente bygestaan om hulle finansiële hindernisse te bowe te kom en verder te studeer.
Prof De Villiers, wat jaarliks as medeleier aan die staptog deelneem, sê geen student behoort as gevolg van finansiële probleme toegang tot hoër onderwys geweier te word nie. “Ek hoop baie studente, personeellede, alumni en inwoners van Stellenbosch sluit by vanjaar se staptog aan en ondersteun hierdie uiters verdienstelike saak. Die enigste manier vorentoe is saam,” sê die Rektor en Visekanselier. “Boonop bied die geleentheid ‘n konstruktiewe manier om Jeugdag te vier en terselfdertyd die skoonheid van ons omgewing te geniet en meer oor ons gemeenskaplike verlede te leer.”

RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om to registreer vir die geleentheid.

•  Vir verdere inligting of medianavrae, of om deel te neem, kontak die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid by 021 808 3186 of 072 785 3218 / tseyisi@sun.ac.za 

More articles

Nelson Mandela-dag 2022 – “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy ook al is”

Help ons om gapings te oorbrug

‘US lewer betekenisvolle bydrae om die mensdom vooruit te help – Rektor by sportberaad

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!