Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US nou nóg hoër op vakranglys

Die Universiteit Stellenbosch (US) word nou wêreldwyd selfs hoër aangeslaan op die vakgebiede Klinies en Gesondheid, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid sowel as Lettere en Geesteswetenskappe, aldus die Times Higher Education- (THE-)wêrelduniversiteitsranglys (WUR) volgens vak vir 2023. Die ranglys is Dinsdag (25 Oktober 2022) vrygestel.

Die ranglys plaas die US onder die wêreld se beste 150 instellings in die vakrigting Klinies en Gesondheid, die beste 200 in Regsgeleerdheid, die beste 250 in Opvoedkunde, en die beste 300 in Lettere en Geesteswetenskappe. Oor die algemeen is die instelling een van die voorste 300 universiteite ter wêreld in vyf van die 11 vakkategorieë op die THE WUR-lys.

Onder die beste van SA bestes

In Suid-Afrika deel die US die eerste plek in Ingenieurswese en Tegnologie met Unisa en Noordwes-Universiteit, en gee die toon aan in Fisiese Wetenskappe saam met Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Kaapstad (UK), die Universiteit van die Vrystaat, Rhodes-universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland. Die Universiteit is tweede in Opvoedkunde, en deel die tweede plek in Klinies en Gesondheid met die Universiteit van die Witwatersrand, met die UK eerste.

Die US is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar die land se beste universiteit vir studie in Rekenaarwetenskap en tel onder die voorste 500 universiteite ter wêreld op dié terrein.

Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, sê dat die algemene verbetering op die THE World University Rankings by Subject-ranglys kort op die hakke volg van die US se verbetering op drie van die vyf prestasie-aanwysers wat gebruik is in die samestelling van die oorkoepelende 2023 THE World Universities Ranking wat onlangs aangekondig is. “Dit is verdere bewys van die Universiteit se reputasie as een van die voorste navorsingsintensiewe universiteite in die wêreld en van die instelling se visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wat wêreldwyd erken word as uitnemend, inklusief en innoverend, waar kennis tot diens van die samelewing bevorder word.”

Volgens prof Christa van der Walt, Visedekaan (Navorsing) in die Fakulteit Opvoedkunde, kan die verbetering in die Opvoedkunde-telling waarskynlik toegeskryf word aan ‘n toename in navorsingsuitsette. “Ons getal gepubliseerde artikels het van 2020 tot 2021 met 33% toegeneem. ‘n Mens kan aanvaar dat hierdie toename tot meer sitate sou lei.”

Prof Nicola Smit, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, sê die volgehoue verbetering is “ʼn bewys van uitnemendheid en daarom is ons verheug met ons verbeterde posisie op die jongste THE WUR-lys.”

Prof Anthony Leysens, Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, het gesê dat hy tevrede is met hierdie beduidende verbetering aangesien die fakulteit die afgelope jare hard gewerk het om die relevansie van die geesteswetenskappe te beklemtoon om die groot uitdagings van ons tyd deur die fakulteit se onderrig en navrosing die hoof te bied. ​

“Ten spyte van die komplekse aard van ranglyste, bied dit tog ‘n sterk aanduiding van die gewildheid van jou program,” meen prof Brink van der Merwe, Afdelingshoof: Rekenaarwetenskap in die Departement Wiskundige Wetenskapps. “Soos waarskynlik baie ander rekenaarwetenskapdepartmente, het ons studentegetalle oor die afgelope 5 jaar verdubbel. Ons gunstige posisie op die ranglys maak wel dat ons sterker kandidate kan trek en hul Rekenaarwetenskapstudies aan die US onderneem. Ons nuwe BSc in Rekenaarwetenskap-program skep ook interessante vakkeuse-opsies vir studente.” ​

Aanwysers

Die vaktabelle gebruik dieselfde 13 prestasieaanwysers as die oorkoepelende THE-wêrelduniversiteitsranglys van 2022. Dít word dan saamgevoeg om tellings in die vyf kategorieë van onderrig (die leeromgewing), navorsing (volume, inkomste en reputasie), sitate (navorsingsinvloed), internasionale vooruitsigte (personeel, studente en navorsing) en bedryfsinkomste (innovasie) te gee.

Die oorhoofse metodologie word egter sorgvuldig vir elke vak herkalibreer, en die gewigstoekennings word na gelang van die individuele vakgebiede aangepas.

Tendens van uitnemendheid

Die US was vroeër vanjaar ook onder die beste tersiêre instellings ter wêreld op die QS-wêrelduniversiteitsranglys volgens vak, met ‘n eerste plek in Suid-Afrika vir Landbou en Bosbou sowel as vir Teologie, Godgeleerdheid en Godsdiensstudie. Boonop het ShanghaiRanking se internasionale ranglys van akademiese vakke die Universiteit as Suid-Afrika se beste in Voedselwetenskap en -tegnologie, Kommunikasie en Landbouwetenskappe aangewys.

More articles

#Action4Inclusion: Matie gebruik gradepartytjie om geld vir studente in te samel

Nuwe groep Dell-jongleierstudente begin hul reis

In gesprek met Patience Badze

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!