Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US stewig oppad na netto nul met die bekendstelling van sy Omgewings-volhoubaarheidsplan

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ‘n ambisieuse reis na netto nul in 2050  aangepak met die bekendstelling van die instelling se eerste Omgewingsvolhoubaarheidsplan.

Prof Wim de Villiers, US Rektor en Visekanselier, het gesê die US se Omgewingsvolhoubaarheidsplan is die Universiteit se ambisieuse doelwit om die volhoubaarheidsuitdaging in die lig van die klimaatkrisis die hoof te bied. Die plan verminder die impak van ons kampusse op die omgewing en demonstreer ons verbintenis tot volhoubaarheid vanuit ‘n omgewingsperspektief, hulpbronne en die samelewing. “Die US kan en moet as ‘n katalisator vir ‘n volhoubare samelewing optree, nuwe kennis en insigte bied en ‘n voorbeeld stel.

“As een van Afrika se voorste en toonaangewende navorsingsintensiewe universiteite, behoort die US ‘n beduidende rol te speel om die pad na ‘n volhoubare toekoms te bewerkstellig. Volhoubaarheid is ‘n kernkomponent van die US se strategie waarin ons daarna streef om ‘n gemeenskap van volhoubare veranderingmakers te skep. Ons verantwoordelikheid is om ons hulpbronne op so ‘n manier te gebruik dat dit ‘n florerende omgewing vir toekomstige geslagte nalaat,” het prof de Villiers gesê.

Die Universiteit word gelei deur sy Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024, waarin ‘n deurslaggewende prioriteit die bevordering van sistemiese volhoubaarheid in ‘n sosiale, ekonomiese en omgewingsoogpunt is. Dit doen ons om om die institusionele doelwit te verwesenlik om diepgaande en volhoubare verandering en herlewing teweeg te bring in alle fasette en funksies aan die US.

Nicolette van den Eijkel, Hoofdirekteur: Fasiliteitsbestuur, sê die volhoubaarheidsplan gee besonderhede oor die rigtinggewende beginsels, teikens en prioriteite vir 2020-2025 en ondersteun die US se Visie 2040. “Die doel is om te verseker dat die US teen 2030 koolstofneutraliteit bereik. Dit is dapper stappe om ‘n maatstaf vir eweknie-instellings plaaslik en internasionaal te word.”

Volgens van den Eijkel moet die US omgewingsvolhoubaarheid as ‘n fokusarea insluit oor alle aspekte van die US se operasionele bestuur, onderrig en navorsing, soos verwoord in Visie 2040.

Sy sê die Universiteit ondersteun die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling as ‘n pad na verantwoordelike ontwikkeling. “As ‘n lid van nasionale en internasionale organisasies en institute is die US aktief betrokke by die breër nasionale en internasionale aspekte van volhoubaarheid. Afgesien van die volhoubaarheidsdoelwitte, oorweeg die Universiteit se Visie 2040 ook Suid-Afrika se eie Nasionale Ontwikkelingsplan en die Afrika-unie se Agenda 2063. Die US is uniek geposisioneer om die strewe na die SDG’s en omgewingsvolhoubaarheid beide plaaslik en op die Afrika-vasteland te dryf deur die bevordering van omgewingsvolhoubaarheid by die US.”

Nadeem Gafieldien, Direkteur Eiendomsdienste, sê die US het reeds begin met verskeie projekte wat in die plan ingesluit is, soos die implementering van gryswaterstelsels op alle kampusse. Gafieldien het ons herinner aan die droogtekrisis in 2017/18, wat die installering van ‘n waterbesparende aanleg en fasiliteite soos dié groot gryswateraanlegte genoodsaak het. Hierdie veranderinge het ten doel om veerkragtigheid in ons stelsels te bou om toekomstige omgewingskokke te weerstaan. Terwyl ons verbruik, koste en koolstof verminder het, het ons ‘n 50 persent vermindering in drinkbare waterverbruik op kampus bereik.”

Fasiliteitsbestuur sal projekte ter waarde van meer as R 100 miljoen wat met die plan verband hou, oor die volgende vyf jaar implementeer. Hierdie projekte sal help om die agt hooftemas te dryf: energie en emissies, water, afval, biodiversiteit en grondgebruik, reis en mobiliteit, volhoubaarheidsgeboue, goedere en dienste, en verbintenisse. Dit verteenwoordig kumulatief Fasiliteitsbestuur se verbintenis tot die suksesvolle implementering van hierdie plan met die hulp van al die US se belanghebbendes,” het Gafieldien gesê.

Gafieldien het gesê Fasiliteitsbestuur se omgewingsvolhoubaarheidspan het, onder leiding van John de Wet, Bestuurder: Omgewingsvolhoubaarheid, reeds begin om bewustheid op ons kampusse en deur die US se webwerf en sosialemediaplatforms te verhoog met ‘n temaveldtog wat die US se verbintenis tot die bereiking van sy volhoubaarheidsdoelwitte uitbeeld. Onder die slagspreuk “Saam op ons reis na netto-nul koolstof,” het die span personeel en studente aangemoedig om betrokke te raak by verskeie projekte en geleenthede wat beplan word.​

In die woorde van prof De Villiers: “Die Universiteit Stellenbosch is besig om die wêreld se toekomstige leiers op te voed. Ons moet hulle bemagtig om wêreldburgers vir volhoubare ontwikkeling te word. Deur my volle ondersteuning vir die US se omgewingsvolhoubaarheidsvisie te toon, nooi ek die hele US-gemeenskap uit om ons vennote te wees om die doelwitte te bereik wat in die US Omgewingsvolhoubaarheidsplan uiteengesit word.”

Om ‘n afskrif van die Omgewingsvolhoubaarheidsplan af te laai, kliek hier

More articles

Voor hul tyd gesterf: Stellenbosch-kenner voeg stem by beroep vir optrede om geestesgesondheidsverwante sterftes te voorkom

Boeke: Koos Bekker’s Billions

Ruim skenking gaan help om beter sorgoplossing vir beserings te ondersoek

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!