Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ukwanda vier sukses en 20ste bestaansjaar by gemeenskapsfunksie

Die 2022 Gemeenskap Vennootskapsfunksie wat deur die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid aangebied is, was ʼn besonderse geleentheid – dit was nie net die 10de keer wat dit aangebied is nie, maar dit het ook plaasgevind in die jaar wat die Sentrum sy 20ste herdenking vier.

“Die Gemeenskap Venootskapsfunksie is altyd een van die hoogtepunte van die jaar vir my. Vandag is egter nog meer spesiaal, aangesien ons 20 jaar van Ukwanda vier,” het prof Ian Couper, direkteur van die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid gesê in sy verwelkomingsrede op die dag. Die Sentrum is gesetel binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van die Universiteit Stellenbosch (US).

Die doel van hierdie jaarlikse funksie is om klem te lê op die inspirerende werk tussen die Universiteit en landelike gemeenskappe, όf deur studente projekte, navorsing of ander inisiatiewe. Die funksie was versprei tussen drie plekke in landelike gebiede waar die Sentrum werk – Worcester en Hermanus in die Wes-Kaap, en Upington in die Noord-Kaap.

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die FGGW het vanjaar se Hoffie Conradie-rede gelewer. Die landelike dokter en onderwyser, prof Hoffie Conradie was behulpsaam met die stigting van die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid en was ook die eerste direkteur. “Hoffie Conradie is die personifikasie van ‘n gemeenskapsdokter. Hy het ʼn hart vir landelike gemeenskappe, en hy het daarvoor gelewe om studente op te lei om gemeenskapsdokters te word. Dit is belangrik dat ons aan hom hulde bring by die Gemeenskap Vennootskapsfunksie deur middel van die Hoffie Conradie-rede,” het Lindsay-Michelle Meyer, wat al vir meer as ʼn dekade aan die Sentrum verbonde is, gesê.

In haar toespraak het Fish, wie al sedert 2006 by Ukwande betrokke is, teruggeblik oor sommige hoogtepunte in die Sentrum se 20 jaar bestaan. “Dit was baanbrekerswerk deur ons leierskap om die Sentrum vir Landelike Gesondheid in 2001 te stig om spesifiek navorsing en opleiding in landelike onderbediende gebiede te bevorder,” het sy gesê.  “Ons weet dat hoe verder jy van die stad af is, hoe swakker is die gesondheidsorg waartoe jy toegang het. Daarom wou ons buite die groot hospitale in die stad opleiding bied aan ons studente, sodat hulle nader is aan die gemeenskappe, en ons graduandi begrip het vir die maatskaplike determinante van gesondheid. Ons is trots om te sê dat die US vandag een van die uitgebreidste netwerke vir voorgraadse opleiding het.”

Fish het ook erkenning gegee aan die pionierswerk deur die Universiteit se gewese Rektor, prof Russel Botman en sy bestuurspan, wie die saam met die FGGW gewerk het om die Worcester-kampus ʼn dekade na die opening van die Sentrum te stig. Dit het studente in staat gestel om hulle hele finale jaar by landelike gesondheidsorgfasiliteite deur te bring, waar hulle hulleself kon verdiep in die gemeenskap en meer leer oor die konteks van die pasiënte wat hulle bedien. Fish het ook hulde gebring aan die eerste groep van sewe mediese studente wat braaf genoeg was om die landelike platform te beproef. “Hulle was die pioniers, en hulle het die weg gebaan vir die ander studente, nie net van die mediese program nie, maar ook studente van arbeidsterapie, menslike voeding, fisioterapie, spraak-taal- en gehoorterapie, en binnekort ook verpleegkunde studente,” het sy gesê.

Die terugvoer van studente oor die langdurige landelike rotasie was tot dusver oorweldigend positief, en studente beskryf hulle opleiding by landelike omgewings as “transformerend, lewens veranderend, ʼn positiewe leerervaring, ʼn geleentheid om ʼn beter begrip te ontwikkel van die mense en die plek.”

Sy het ook al die interne en eksterne vennote bedank vir hulle samewerking met die Sentrum oor die jare, en het gesê dit was instrumenteel tot die Sentrum se sukses. “Ons kan nie die werk doen wat ons doen – studente opleiding en navorsing – sonder vennootskappe met die Departement van Gesondheid, plaaslike regering, nie-regerings- en gemeenskapsgebaseerde- organisasies,” het Fish gesê. “Hulle is lewensbelangrik vir ons, en oor die jare het ons baie van die resultate van hierdie samewerking by die Gemeenskap Vennootskapfunksies gesien.”

More articles

Ontmoet die nuwe voorsitter van die US Raad: Dr Nicky Newton-King

‘n Tweede tuiste

Prof Thuli Madonsela ontvang toekenning van regsopvoeders vir lewenslange prestasie

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!