Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

VGP-student Shane nou ‘n suksesvolle radiofrekwensie-ingenieur

Shane Moyce is ná matriek vir ‘n oorbruggingsjaar oorsee en het met sy terugkeer by die Universiteit Stellenbosch (US) aansoek gedoen om Ingenieurswese te studeer. Omdat die hoofstroomprogram reeds vol was, is hy vir die Verlengde Graadprogram (VGP) aanvaar – iets wat Shane vandag as ‘n bedekte seën beskou.

Die US se VGP voeg ‘n ekstra studiejaar by ‘n hoofstroomgraadprogram by. Dié jaar word gebruik om studente deur middel van bykomende akademiese steun vir spesifieke hoofstroomvakke sowel as universiteitstudie in die algemeen voor te berei.

“Dit was eintlik ‘n baie goeie ding,” sê Shane. “Natuurlik het ek aanvanklik gehoop om sommer dadelik met die hoofstroomgraad te begin, maar die VGP was uiteindelik ‘n veel meer ontspanne omgewing, en meer bevorderlik vir leer.”

“Die hupstoot wat ek nodig gehad het”

Die 29-jarige Shane het in 2012 vir die VGP ingeskryf en sy Ingenieurswesegraad teen die einde van 2016 verwerf. Hy het dadelik met sy meestersgraad op dieselfde gebied weggespring, ook by die US, en dit in 2018 voltooi. Hy werk tans as ‘n radiofrekwensie-ingenieur by ‘n maatskappy genaamd Poynting Antennas in Pretoria, waar hy antennas ontwerp.

“In  die VGP was dit nie so ‘n gejaag om alles in ‘n kort rukkie te moet leer nie, veral met wiskunde. Dit het my werklik die hupstoot gegee wat ek nodig gehad het om sukses te behaal,” verduidelik Shane. “In die eerste jaar van die hoofstroomprogram word ‘n mens regtig aan die diep kant ingegooi, en as jy direk ná hoërskool daarmee begin, kan dit nogal ‘n skok wees. Ek’s seker baie ingenieurstudente skop in die eerste paar maande op omdat ‘n mens eenvoudig nie gereed is daarvoor nie.

“Daar’s byvoorbeeld ‘n reuseverskil tussen hoërskoolwiskunde en die wiskunde wat jy in jou eerste jaar van Ingenieurswese doen,” gaan hy voort. “Maar teen die tyd wat ek na die hoofstroomprogram oorgeskakel het, was dit nie so ‘n groot skok nie. Die tempo was steeds vinnig, maar ek kon dit hanteer, want ek het daardie ekstra tyd gehad om die basiese wiskunde onder die knie te kry.”

Tyd vir verkenning en nuwe vaardighede

Shane sê nóg ‘n voordeel van die VGP is dat dit hom die geleentheid gebied het om Stellenboschkampus deeglik te verken. “Gevolglik het ek die kampus soos die palm van my hand geken toe ek met my eerste jaar van die hoofstroomprogram begin het. Dit was nie vir my nodig om, saam met al die akademiese werk, ook nog te probeer uitpluis hoe die Universiteit werk nie.

“Die VGP het my ook in staat gestel om my akademiese leerwerk met ander vaardighede te integreer voordat ek aan die diep kant van die graad ingegooi is,” sê hy, en voeg by dat hy nou in sy werk ‘n hele klomp van hierdie vaardighede gebruik. “Buiten die wiskunde, het ek ook goeie tydbestuursvaardighede aangeleer, wat ek vandag steeds toepas.”

Geniet die lewe in die noorde

Hierdie boorling van die kusdorp Vishoek in die Wes-Kaap het gedurende sy oorbruggingsjaar ná matriek die wêreld vol gereis, waaronder vyf maande deur Israel. Daarom verbaas dit nie dat sy langtermynplanne insluit om oorsese werkservaring op die gebied van elektronika op te doen nie. Intussen is hy baie gelukkig in sy huidige pos, wat hy in 2019 aanvaar het.

Shane is in sy element in die water en het in die Kaap verskeie soorte watersport beoefen. Sedert hy hom in Pretoria gevestig het, is daar nie juis geleentheid dáárvoor nie, maar die lewe in die noorde bied darem ook ‘n hele paar ander ervarings. Wanneer hulle nie werk nie, geniet hy en sy vrou byvoorbeeld besoeke aan die Drakensberge, waar hulle graag gaan stap, en Durban, waar hulle in die louwarm branders kan ontspan.

More articles

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Giving Day (Geedag): Kry ‘n voorsmakie

Helderberg: 2021 Reünie

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!