Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Menu

  • Afrikaans

Voorskoolse leerder samel geld in vir Maties se #Train4Fees-veldtog

Michael Allcock (5) is in die pylvak van sy poging om 50 km af te lê ten bate van die Universiteit Stellenbosch se #Train4Fees-veldtog. Trouens, die veldtog se jongste fondsinsamelaar sal dalk selfs ‘n paar ekstra kilometer by sy doelwit voeg noudat die veldtog se einddatum tot 31 Augustus verleng is.

Die veldtog, wat op 1 Junie 2020 deur Maties Sport en die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge van stapel gestuur is, is daarop gemik is om studente-atlete te help wat finansiële steun verloor het weens die impak van COVID-19.

Altesaam R837,512 is tot dusver ingesamel, en Michael het al 75% van sy teiken van R5 000 bereik.

Volgens sy ma, Candice Egan, het sy ouderdom – vyf – ‘n rol gespeel in die besluit om teikens van 50 km en R5 000 te stel.

Egan, wat in die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge werk, beskryf Michael as ‘n baie nuuskierige, baie energieke seuntjie wat belangstel in wat rondom hom gebeur.

Hy het gehoor toe sy die #Train4Fees-veldtog bespreek, en het besluit dat “hy ook wil saamspeel”.

“Ek het gedink dit is dalk ‘n goeie manier om van oortollige energie ontslae te raak, en alles vir ‘n goeie saak,” sê Egan.

Michael dra ‘n fiksheidnasporingtoestel wanneer hy deur die buurt stap, aangesien hy daarvan hou om verskillende roetes te kies.

“Só weet ons hoe ver hy gestap het – gewoonlik tussen 1,5 en 2,5 km per uitstappie.”

Hoewel hy nie die #Train4Fees-konsep heeltemal verstaan nie, het Michael – wat die Barkly House Pre-Primêre skool in Kenilworth bywoon wanneer daar nie ‘n pandemie is nie – ‘n vae begrip dat wat hy doen “groot kinders sal help om skool toe te kan gaan”.

Egan wil graag hê haar kinders moet leer dat dit belangrik is om te deel, en empatie ontwikkel vir diegene wat minder bevoorreg is. Soos hulle ouer word, sal hulle hopelik besef dat enigiemand ‘n verskil kan maak deur net die bietjie waartoe hulle in staat is, te doen.

Met die verlengde einddatum het die veldtog nou ‘n nuwe fondsinsamelingsteiken van R2 miljoen.

“Ons het tans meer as 300 studente-atlete wat om finansiële hulp aansoek gedoen het, en ons wil hulle almal graag help,” sê fondswerwingsbestuurder Hans Scriba.

Hoe kan JY betrokke raak?

Jy kan enige van die fondswerwers op die Maties GivenGain-platform in jou gekose sportsoort borg – rugby, sokker, krieket, netbal en hokkie – of ander sportkodes op die Maties-sportbladsy ondersteun – of jy kan ‘n fondswerwer vir #Train4Fees word – deur te hardloop, fiets te ry, op ‘n skaatsplank te klim of op ‘n drafstappie te gaan … watter oefening jy ookal geniet om fiks te bly.

  • #Train4Fees op GivenGain se webwerf: https://www.givengain.com/cc/train4fees/
  • Michael se GivenGain-bladsy: https://www.givengain.com/ap/mikey-allcock-raising-funds-for-stellenbosch-university-alumni-south-africa/

More articles

Die US ontvang internasionale erkenning as ‘n uitstaande entrepreneuriese en betrokke Universiteit

​’n Uitmuntende graad-oes vir #SciMathUS

Haar hart klop en haar speke sing vir ander

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!