Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Alumni stories op Woordfees TV

Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge se Altyd ʼn Matie-reeks kortfilms asook die nuwe videoreeks getiteld Matie Legendes en Pioneers, verskyn eersdaags op jou TV-skerm!

Hierdie kortfilms vorm deel van die 2021 Toyota US Woordfees wat van 1 tot 7 Oktober op DStv-kanaal 150 in Suid-Afrika en op GOtv-kanaal 15 in Namibië uitgesaai word. Fees TV, soos dit op DStv bekend staan, is die eerste kunstefees op Suid-Afrikaanse televisie.

Die kortfilms in die Altyd ‘n Matie-reeks kyk spesifiek na ses areas, naamlik beurse, gestremdheid, sport, innovasie, studenteleierskap, en die kunste, en gee alumni en huidige studente die geleentheid om te praat oor die impak wat die Universiteit op hul lewens gehad het.

Die gevestigde kunstenaar Louise Gelderblom en die huidige beeldende kunsstudent Carmen Maria Titus sal ons byvoorbeeld aan hul onderskeie wêrelde voorstel. Op die politieke front praat Axolile Ntsika Mandaba Qina en politikus Melanie Verwoerd oor hul onderskeie leierskapsrolle in tye van verandering.

Harmonie huiskomiteelid Thando Myaka; dr Therina Theron, senior direkteur vir Navorsing en Innovasie; en nagraadse joernalistiekstudent Kayla Alexander deel hul Stellenbosch  koshuiservarings.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, en Wandile en Wanele Ganya, twee gegradueerdes van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (2015) beantwoord ons groot vraag: “Wat beteken dit vir jou om ‘n Matie te wees?”

Wêreldkampioen atleet Ilse Hayes en PhD-student Rynhardt Kruger, die eerste blinde persoon aan die US om ‘n Meestersgraad in Rekenaarwetenskap te verwerf, omskep struikelblokke in geleenthede. Prof Yusef Waghid, uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch en Matie-student Ruan Steyn, wys ons die transformerende krag van opvoeding en geleenthede.

Ons ervaar ook ‘n persoonlike blik op die lewe van die visioenêre leier Frederik Van Zyl Slabbert, soos vertel deur sy dogter, Tania Slabbert.

Die bekroonde Universiteit Stellenbosch-koor, wat tans wêreldwyd die beste posisie as amateurkoor op die rangorde van die Interkultur-stigting  sedert Oktober 2012 beklee, betower met hul roerende harmonieë en musikale uitnemendheid.

In die eerste aflewering van Matie Legendes en Pioniers, gesels Morné du Plessis, voormalige Springbokkaptein en bestuurder van die triomfantelike 1995 Wêreldbeker-span, oor Doc Craven, die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus in 1974 en 1980, asook die toetsreeksoorwinning oor die All Blacks in 1976.

Moet dit nie misloop nie.

Fees TV sal 24 uur per dag uitgesaai word aan alle premie- en kompakte plus intekenare in Suid-Afrika en Namibië. Die programinhoud vertoon ‘n wye verskeidenheid genres: teater, skrywers en boeke, dans, lewenstyl, stand-up-komedie, kontemporêre en klassieke musiek, film, diskoers en visuele kunste.

Fees TV sal hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai, maar sal ook Engelse en veeltalige werke insluit. Alle Afrikaanse verhalende werke wat deur die Woordfeesfees aangebied word, soos toneelstukke en besprekings, sal Engelse onderskrifte hê.

  • Altyd ‘n Matie/ Always a Matie word op Fees TV uitgesaai op Vrydag 1 Oktober om 15:19 en 17:24; Saterdag 2 Oktober om 11:00; Sondag 3 Oktober om 07:54; Maandag 4 Oktober om 07:56 en 08:48; Woensdag 6 Oktober om 08:00 en 08:54 en Donderdag 7 Oktober om 14:24.
  • Hou www.woordfees.co.za​ en sosiale mediaplatforms dop vir bygewerkte skedules.

More articles

Basiese toelaes vir SA: meer geld vir armes maar teen ‘n hoë koste

Dr Lachman fokus op kinders se geestesgesondheid

Hoekom dit belangrik is om oor vroue in die wiskundige wetenskappe te praat

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!