Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Konvokasie: Verkiesing van Raadslid

NOMINASIES DEUR DIE KONVOKASIE VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH VIR DIE VERKIESING VAN ‘n RAADSLID VIR DIE TERMYN 11 September 2023 – 10 September 2027

Ingevolge klousule 6(k) van die US Statuut, word lede van die Konvokasie hiermee versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van ‘n lid van die Konvokasie om vir die termyn 11 September 2023 – 10 September 2027 in die US Raad te dien.

Ingevolge klousule 7 van die US Statuut, geld die volgende vereistes:

  • ‘n Kandidaat moet ʼn persoon met kennis en ervaring relevant tot die doelwitte en oorsigbestuur van die Universiteit wees;
  • Kandidate mag nie reeds in ʼn ander hoedanigheid in die Raad dien nie;
  • Kandidate mag op 11 September 2023 nog nie 70 jaar oud of ouer wees nie;
  • Kandidate mag nie werknemers van, of studente aan die Universiteit wees nie; en
  • Geen kandidaat mag lid van die Raad van ‘n ander hoëronderwysinstelling wees, of van die permanente uitvoerende bestuur op die vlak van, of ekwivalent aan, ‘n dekaan of hoër, nie.

Die onus is op die voorsteller, sekondante en genomineerdes om te verseker dat die nominasies geldig is en belyn is met die US Statuut (kyk Statuut hier en goedgekeurde Institutionele Reëls: Konvokasie hier) en dat behoorlike oorweging geskenk word aan verteenwoordiging met inagneming van ras, gender en gestremdheid.

‘n Nominasievorm is beskikbaar op die Konvokasiewebblad. Nominasies is oop vir 30 (dertig) dae vanaf Vrydag, 21 Julie 2023 tot Sondag, 20 Augustus 2023 (23:59). Nominasies wat ná die spertyd ontvang word, sal nie oorweeg word nie.  Versuim om aan alle vereistes te voldoen, sal lei tot die diskwalifikasie van ‘n nominasie.

‘n Lid moet deur een (1) voorsteller benoem word en vier (4) ander lede moet die benoeming sekondeer. Die nominasie moet op die voorgeskrewe nominasievorm ingedien word en moet ‘n visiestelling van maksimum 100 woorde insluit.  Die indiening van ‘n CV is opsioneel. Nominasies moet vóór of op die sluitingsdatum van Sondag, 20 Augustus 2023 (23:59) per e-pos aan verkiesings@sun.ac.za gestuur word.

Volgens klousule 47(1) van die Statuut (2019) is alle persone aan wie ‘n kwalifikasie by ‘n kongregasie van die Universiteit toegeken is, asook die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof, die voltydse akademiese personeel van die Universiteit en voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het, lede van die Konvokasie en mag benoem word, mits die kandidaat voldoen aan klousule 7 van die Statuut. Lede soos gelys in klousule 47(1) kan as voorsteller optree of die benoeming sekondeer.

Vir enige navrae of bystand, e-pos asb vroegtydig verkiesings@sun.ac.za

Dr Ronel Retief
REGISTRATEUR
STELLENBOSCH
14 Julie 2023

Klik hier om jou kontak asook intekening inligting te bestuur.

More articles

Herman Wasserman US se nuwe voorsitter van Joernalistiek

US verbeter op THE-wêreldranglys

Nuwe hoof van Anatomie bring ʼn magdom van kennis na afdeling

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!